• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: Vermeende pedofiel se verhoor wéér uitgestel
Die vermeende pedofiel, Johann Maree. Foto Kristien Kruger
Die vermeende pedofiel, Johann Maree. Foto Kristien Kruger

PAS IN: Vermeende pedofiel se verhoor wéér uitgestel

Kristien Kruger
Die man wat teregstaan op 75 klagte wat verband hou met die seksuele misbruik van minderjarige seuns in Windhoek en die verspreiding van pornografiese beeldmateriaal op die donkerweb, Johann Maree, se verhoor sou reeds in Augustus begin.

Verrigtinge was egter weer vertraag met Maree se regsverteenwoordiger wat vanoggend in die hoërhof in Windhoek onttrek het.

Die rede vir haar onttrekking was teenstrydige instruksies wat sy van Maree ontvang het. Dit was Maree se derde regshulpprokureur.

Regter Philanda Christiaan het die saak uitgestel tot 28 November.

“Op daardie dag sal ons ’n datum skeduleer vir die verhoor en ons sal voortgaan – met of sonder ’n regsverteenwoordiger,” het Christiaan vir Maree gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!