• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: Wyle 9-jarige Hendrina se ma trek saak terug teen Meyer

PAS IN: Wyle 9-jarige Hendrina se ma trek saak terug teen Meyer

Kristien Kruger
Een van die ouers van die 9-jarige meisie wat na bewering deur Mariental-boer, Johan Meyer (foto), in Mei verlede jaar doodgery is, het van die saak onttrek. Die wyle Hendrina Mupolo se biologiese ma, Annemarie !Auchmus, het haar saak teen Meyer teruggetrek. Dit is nou slegs Hendrina se pa, Elias Mupolo, wat meer as N$10 miljoen in skadevergoeding van Meyer eis. Partye het in Januarie vergader vir hofgefasiliteerde bemiddeling en het vanoggend weer in die hoërhof in Windhoek verskyn. Meyer het na bewering hul dogter op sy kleinhoewe met sy voertuig raakgery. Sy is later in die hospitaal op Mariental aan haar beserings dood.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!