#PasIn: ACC by De Klerk se borgaansoek

Ellanie Smit
Die borgtogaansoek van die Namibiese voortvlugtige Marén de Klerk is tot môre uitgestel vir die staat se voorlegging om borgtog teen te staan.

De Klerk het vandag in die Paarl-landdroshof verskyn waar die verdediging hul saak vir borgtog gestel het. Erna van der Merwe, adjunkdirekteur-generaal van die Teen-Korrupsiekommissie (ACC), was ook by vandag se hofverrigtinge.

De Klerk, 'n voormalige prokureur, word deur die Namibiese regering gesoek vir korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. Hy word daarvan aangekla dat hy sy trustrekening gebruik het vir die verspreiding van swak verkrygde winste wat verband hou met verskeie rekeninge in die Fishrot-korrupsieverhoor.

Op 1 Februarie 2022 het die Paarl-landdroshof 'n lasbrief vir inhegtenisneming vir De Klerk uitgereik, nadat die Namibiese owerhede sy uitlewering versoek het. Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek se ernstige handelsmisdaadondersoekeenheid en Interpol het De Klerk verlede Donderdag in die Paarl in hegtenis geneem, meer as 'n jaar nadat die lasbrief uitgereik is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!