#PasIn: Amushelelo en kie vrygespreek
Die aktivis Michael Amushelelo sal na verwagting uit aanhouding vrygelaat word ná hy en sy medebeskuldigdes, Dimbulukeni Nauyoma en Inna Hengari, onskuldig bevind is op klagte teen hulle wat verband hou met ’n protesaksie teen jeugwerkloosheid op Onafhanklikheidsdag.
Die drie beskuldigdes is vrygespreek ná hulle ’n aansoek in terme van afdeling 174 van die Strafproseswet gebring het. Hierdie deel van die Strafproseswet stipuleer dat ’n beskuldigde onmiddelik onskuldig bevind kan word op klagte teen hom/haar indien ’n regter of landdros teen die einde van die staat se saak voel daar is nie ’n oortuigende saak teen ’n beskuldigde nie.
Die staat het tydens hul verhoor verskeie getuies - almal lede van die Namibiese polisie - geroep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie