Amushelelo Photo File
Amushelelo Photo File

#PasIn: Amushelelo verbeur bates aan staat

Kristien Kruger
Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, was suksesvol in haar aansoek om ’n beslagleggingbevel vir die eiendom van Michael Amushelelo.

Die hoërhof het vanoggend uitspraak gelewer en beveel dat sewe van Amushelelo se voertuie aan die staat verbeur word tesame met die positiewe saldo in dertien bankrekeninge in Amushelelo en sy entiteite se name.

Hierdie bevel word gemaak ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) en hou verband met klagte van bedrog, geldwassery, rampokkery en belastingontduiking wat teen Amushelelo gemaak is.

"Imalwa beweer dat Amushelelo valse voorstellings gemaak het aan lede van die publiek te mislei is om hul swaarverdiende geld aan hom te betaal op die valse voorwendsel dat hulle gunstige rente op hul beleggings in die buitelandse valutamark sal ontvang."

In die hof se uitspraak het hulle bevind dat Amushelelo op 'n oorwig van waarskynlikhede ten minste een van die misdade gepleeg het.

Die voertuie sluit twee BMW's, twee Audi's, twee Mercedes Benz en een Land Rover in.

Kommentaar

Republikein 2025-01-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 18° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 20° | 33° Ariamsvlei: 23° | 39° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 33° Lubumbashi: 16° | 19° Mbabane: 14° | 27° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 33° Cape Town: 20° | 23° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!