#PasIn: Boulter en AG vandag in hof
Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boutler, sal vanmiddag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die saak wat hy teen die aanklaer-generaal (AG), Martha Imalwa, aanhangig gemaak het.
In die saak voer hy aan dat sy die verkeerde besluit geneem het om hom te vervolg op onder andere ’n klag van moord. Hy eis dat haar besluit hersien en tersyde gestel moet word.
“Die besluit om die applikant [Boulter] te vervolg is geneem op die veronderstelling dat hy opsetlik 'n skoot afgevuur het wat die oorledene [Gerhard van Wyk] getref het. Daar is geen bewyse in die dossier dat die hy verantwoordelik was vir enige opsetlike daad wat gelei het tot die afvuur van 'n skoot nie,” lui die hofstukke.
Vandag se verskyning wat na verwagting omstreeks 15:00 sal begin, is slegs vir saakbestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie