#PasIn: BOULTER WEER VANDAG IN HOF

Kristien Kruger
Die Britse miljardêr Harvey Boutler wat teregstaan op die moord van sy plaasbestuurder het weer vanoggend in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die siviele saak wat die oorledene se vrou en kinders teen hom aanhangig gemaak het.

Die oorledene se vrou , Alta van Wyk, en haar en die oorledene se kinders, Gerhard (jr.), Michelle, asook hul skoondogter Liani, eis altesaam sowat N$84,5 miljoen in skadevergoeding.

Boulter word daarvan beskuldig dat hy wyle Gerhard van Wyk (snr.) op sy plaas naby Kamanjab geskiet het. Die familie beweer in hofstukke dat hul die skietvoorval aanskou het. Hul eis vir onder andere verlies aan ondersteuning en ondraaglik lewensomstandighede ná die voorval.

Partye het vanoggend voor regter Orben Sibeya verskyn vir voorverhoor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!