#PasIn: Hof sê ministerie moet gevangene N$1 000 betaal
Die hoërhof in Windhoek het gister beslis dat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit vir ’n gevangene van die Hardap korrektiewe geriewe N$1 000 in skadevergoeding moet betaal.
Dit volg ná ’n hofsaak wat die gevangene, Alexander Daniel van Schalkwyk, teen die ministerie en die Namibiese korrektiewe dienste (NSC) aanhangig gemaak het. Hy het aanvanklik N$300 000 geëis omdat lede van die NSC van sy besittings vernietig het en dit in stryd met sy grondwetlike regte was.
Hoewel Van Schalkwyk se aansoek geslaag het, het die hof beslis dat hy nie tydens die verhoor die waarde van die besittings vasgestel het nie en daarom moes die hof oor die waarde beslis en het beveel dat die ministerie slegs N$1 000 moet betaal.
Die betrokke besittings was houtwerkitems wat Van Schalkwyk gemaak het met die doel om dit te verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie