#PasIn: Kennedy se uitdaging van die wet vir kwesbare getuies misluk
Die voormalige landdros wat teregstaan op klagte van verkragting en ontvoering, Jaco Kennedy, het misluk in sy grondwetlike uitdaging van die wet wat voorsiening maak vir spesiale reëlings vir kwesbare getuies wat in howe moet getuig.
In sy aansoek het hy dele van die strafproseswet (CPA) uitgedaag wat dit moontlik maak om hul getuienis deur middel van geslotekringtelevisie te lewer. Kwesbare getuies sluit diegene in teen wie 'n misdryf van seksuele of onsedelike aard gepleeg is.
Kenndy het beweer dat dit teenstrydig is met die Namibiese grondwet met betrekking tot die reg op 'n regverdige verhoor en die reg om onskuldig geag te word totdat skuldig bewys word.
Die hof het beklemtoon dat die spesiale omstandighede waaronder 'n kwesbare getuie moet getuig, steeds verseker dat die beskuldigde, sy regsverteenwoordiger, die prokureur en die voorsittende beampte die getuie sal kan hoor en waarneem terwyl sodanige getuie tydens hofverrigtinge getuig.
Die hof het bevind dat die bepalings van die CPA met betrekking tot kwesbare getuies nie ongrondwetlik is nie en het gevolglikd ie aansoek vanoggend in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie