#PasIn Möller-moordbeskudigde faal in aansoek dat staatsgetuies weer geroep word
In die saak waarin Gotlieb Panduleni en vier medebeskuldigdes teregstaan op die moord van Walvisbaaise sakeman, Hans-Jorg Möller, het die hof vandeesweek ’n aansoek van Panduleni, dat drie staatsgetuies weer geroep moet word vir kruisondervraging, van die hand gewys.
Panduleni en sy medebeskuldigdes – David Tashiya, David Shekudja, Elly Ndapuka Hinaivali en Malakia Shiweda – het na bewering in die vroeë oggendure op 17 Junie 2016 by Möller se huis ingebreek en hom geskiet toe hy gepoog het om sy vrou en kinders te beskerm.
Hulle het daarna die huis deursoek, waardevolle items gesteel en op die vlug geslaan. Möller het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Gotlieb Panduleni en sy regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, het versoek dat ’n inspekteur en twee adjudant-beamptes weer die getuienisbank moet inneem om glo ’n paar onsekerhede uit die weg te ruim.
Regter Dinnah Usiku het Woensdag die aansoek van die hand gewys en die verdediging het Woensdag, Donderdag en vandag met hul saak voortgegaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie