#PasIn: N$4,2 miljoen se bedrogsaak in hof
Die man wat in Junie vanjaar onskuldig gepleit het op bedrogklagte in verband met sowat N$4,2 miljoen, het vanoggend in die hoërhof in Windhoek verskyn.
Morne du Plessis se maatskappy, Extreme Stationery, het glo die geld ontvang vir die verskaffing van 1 385 000 oefenboeke vanaf China.
Die staat beweer hy het die hele bedrag vir sy eie voordeel benut sonder om enige skryfbehoeftes aan die klaer af te lewer.
Du Plessis beweer dit is net ’n “saketransaksie wat lelik skeefgeloop het”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie