#PasIn: Regter Makarau in hooggeregshof ingesweer
Die vroueregter Rita Makarau is vanoggend deur hoofregter Peter Shivute ingesweer as 'n waarnemende regter van die hoogeregshof.
Daar is egter kommer oor regter Makarau se kwalifikasies ná die ministerie van justisie haar aanstelling aanvanklik bekend gemaak het.
Die ministerie het daarop gereageer: "Regter Makarau bring met haar 'n magdom regservaring in die posisie, na sy beide as 'n aanklaer en 'n regspraktisyn gewerk het. Sy het omvattende ervaring wat oor 22 jaar strek en aanstellings as 'n regter, die regterpresident van die hoërhof van Zimbabwe en 'n regter van die hoogeregshof van Zimbabwe."
Die ambassadeur vir Zimbabwe in Namibië, Melody Chaurura, het ook die insweringsgeleentheid bygewoon, waar sy gesê het die aanstelling mag moontlik die verhouding tussen Namibië en Zimbabwe versterk.
https://q.my.na/JYNO

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie