#PasIn: Swapo-jeugliga suksesvol in teenstaan van hofeis
Die hoërhof in Windhoek het gister beslis dat die Swapo-jeugliga se vereniging vir vrywilligers (Youth Party League Voluntary Association) nie sowat N$14 miljoen aan True Media Trading cc hoef te betaal nie.
Regter George Coleman het die ooreenkoms wat tussen die twee partye aangegaan is – vir die verskaffing van ’n geïntegreerde lidmaatskapstelsel en 1,05 miljoen lidmaatskapkaarte – nietig verklaar op grond van die feit dat dit vaag is en geen afdwingbare bepalings bevat nie.
Volgens getuies wat tydens die verhoor getuig het, het True Media die stelsel geïnstalleer en het dit vir ’n kort tydperk gewerk voordat dit nie meer korrek wou funksioneer nie. Die vereniging het ook aangevoer dat True Media slegs 6 000 kaarte verskaf het. Die vereniging is wel steeds in besit van die stelsel se harde- en sagteware, maar kan dit nie gebruik nie.
Die hof het beveel dat die vereniging al die stelsel se bykomstighede, harde- en sagteware aan True Media moet terugbesorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie