#PasIn: Tamson in die beskuldigdebank
Die Fishrot-korrupsiebeskuldigde, Tamson Hatuikulipi, het vanoggend in die Hoër Hof in Windhoek getuig in sy borgaansoek op grond van nuwe feite. Terwyl hy sy getuienis gelewer het, het hy aangevoer dat sy tyd in aanhouding sy finansies ernstig beïnvloed het. Hy het verduidelik dat sy fondse sedert sy inhegtenisneming in 2019 beperk is, wat gelei het tot n ophoping van munisipale skuld van meer as N$200 000. Hierdie skuld sluit munisipale rente en belasting in vir sy drie residensiële- en besigheidseiendomme in Windhoek, wat hy voor sy inhegtenisneming in 2019 verkry het. Die borgverrigtinge sal om 14:15 voortgaan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie