• Tuisblad
  • Howe
  • #PasIn Vermeende pedofiel se verhoor sal nie vandag begin

#PasIn Vermeende pedofiel se verhoor sal nie vandag begin

Die man wat teregstaan op 75 klagte wat verband hou met die seksuele misbruik van minderjarige seuns in Windhoek en die verspreiding van pornografiese beeldmateriaal op die donkerweb, se verhoor sou vandag begin.

Die verdediging het egter vanoggend aangedui dat hy nie gereed is om met die verhoor te begin nie.

Die vermeende pedofiel, Johann Maree, sal wel weer omstreeks 14:30 in die hof verskyn. Regter Philanda Christiaan het beveel dat partye vanmiddag weer in die hof verskyn saam met die direktoraat van regshulp om die kwessie van openbaarmaking aan te spreek. Die staat se verklarings, foto’s en ander bewysstukke is glo aan Maree se vorige regsverteenwoordiger, Eva Nangolo, oorhandig en die nuutaangestelde verteenwoordiger sukkel glo om dit by haar te kry.

Die verhoor was geskeduleer om tot volgende week Dinsdag te duur, maar sal waarskynlik vanmiddag uitgestel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!