#PasIn Vermeende verkragter in hof
’n Man wat glo jong meisies na sy huis gelok het onder die valse voorwendsel dat hy ’n goue ring aan hulle tande sal vasmaak en hulle toe na bewering verkrag het, het vanoggend in die hoërhof in Windhoek verskyn. Johan Morkel het voor regter Claudia Claasen verskyn vir sy nuutste borgtogaansoek. Hy staan tereg op sewe klagte van verkragting, drie klagte van kinderhandel, een klag van ontvoering, een klag van aanranding deur dreigemente en een klag van poging tot onsedelike aanranding van ’n minderjarige. Sy beweerde slagoffers was glo onder die ouderdom van sestien.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie