#PasIn: Xinfeng-beslissing uitgestel
Regter Ramon Maasdorp se beslissing oor die toekoms van Chinese litiummynbouers Xinfeng se oopgroefmyn buite Omaruru is nog nie gereed nie.
Die regter se uitspraak sal op Dinsdag, 13 Junie, om 10:00 gelewer word.
Mynboulisensie nommer 243 is ter sprake. ‘n Onbekende hoeveelheid litiumerts is reeds hiervandaan na China uitgevoer.
Die myn staan sedert Desember stil. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, wil die mynboulisensie herroep weens beweerde onreëlmatighede en bedrog wat met die aanvanklike aansoek gepleeg is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie