Pastoor Diergaardt se saak sloer voort
‘Staat moet sy huis in orde kry’
Die beskuldigde se prokureur het gesê dit is ʼn skending van sy kliënt se regte dat die staat nie tot dusver met die saak kon voortgaan nie.
Die voormalige pastoor Joe Diergaardt se saak sal Donderdag voor landdros Ingrid Unengu voortgaan om verhoordatums te skeduleer.
Tydens Donderdag se hofverrigtinge sal ’n nuwe datum vasgestel word waar die beskuldigde skuldig of onskuldig sal pleit, dan sal die verhoor begin.
Die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (RELK) in Khomasdal se voormalige geestelike leier word daarvan beskuldig dat hy vier minderjarige seuns verkrag het.
Die seuns was almal tussen 10 en 14 jaar oud. Een van die klagte in die klagstaat spruit uit ’n beweerde voorval in 2010 en ’n ander een in Julie 2019.
Die nuutste verrigtinge het gevolg nadat die saak op Woensdag 16 November uitgestel is omdat die staat nie gereed was nie. Die staatsaanklaer was nie beskikbaar nie en geen getuie is in kennis gestel om in die hof te getuig nie.
Diergaardt se prokureur mnr. Garth Joseph van Neves Legal Practitioners, het gesê dit is ʼn skending van sy kliënt se regte dat die staat nie tot dusver met die saak kon voortgaan nie.
“Hierdie is die tweede jaar dat die beskuldigde hierdie klagte in die gesig staar en dit rig skade aan, insluitend laster en die aftakeling van sy loopbaan. Hy moes uit sy pos bedank,” sê Joseph.
Diergaardt se reg tot ʼn spoedige verhoor word geskend, volgens hom.
“Die beskuldigde het nie gepleit nie. Daar was nog geen verhoorverrigtinge nie. Geen aanklaer is beskikbaar nie,” het Joseph gesê.
“Die beskuldigde het regte en is onskuldig tot hy skuldig bevind word. Intussen maak die koerante hom as ʼn teisteraar uit, as ʼn verkragter, een of ander ‘Jack the Ripper’.
“Ons vra die hof om te beslis dat die staat sy huis in orde moet kry,” het Joseph gesê.
Volgens hom is die besonderhede van die klagte teen sy kliënt nie duidelik nie aangesien dit nie volledig op die hofstelsel gelaai is nie. Betrokke addendums is ook soek, sê hy. Datums en die name van vermoedelike slagoffers verskyn nie op rekord nie, sê hy.
Die aanklaer-generaal het reeds in Oktober 2021 beslis dat Diergaardt in die hof vervolg moet word en volgens Unengu is geen aanvaarbare rede verskaf oor hoekom die saak nie verlede week kon voortgaan nie.
Rakende die gebrek aan besonderhede in die nuutste klagstaat, sê sy die beskuldigde het ʼn reg om sy verdediging daarmee te kan voorberei.
Sy het gesê hy het ’n grondwetlike reg tot ’n spoedige verhoor, maar dat die erns van die klagte nogtans nie geïgnoreer kan word nie.
“Hierdie is die finale uitstel,” het sy aan die staat gesê, en gewaarsku die saak kan van die hofrol geskrap word as die staat nie teen vandeesweek voorbereid is nie.
Joseph het gevra dat Diergaardt tydens Donderdag se hofverrigtinge verskoon word, aangesien hy werkloos is en elke Vrydag by die polisiekantoor moet aanmeld. Die versoek is toegestaaan. Joseph moet hom wel inlig wanneer hy weer in die hof moet verskyn, het die landdros bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie