Pastoor moet opdok vir heksery-bewerings
Kenya Kambowe – ’n Bekende pastoor en ’n lidmaat van sy kerk moet N$30 000 opdok nadat hulle twee vroue “hekse” genoem het.
Aloisa Shingundi Nehoya en Veronika Venokatiti Ngitkwa het ’n saak teen pastoor Shalongo Haimbodi en Asteria Alweendo aanhangig gemaak nadat hulle lasterlike uitlatings op Facebook gemaak het waarin Nehoya en Venokatiti as hekse uitgekryt is.
Haimbodi, ’n pastoor by die Believers Christian Church and Bible Study in die Onheleiwa-nedersetting in Omusati, en Alweendo het hulself nie in die hof verdedig teen die klagte teen hulle nie.
Die hof het beslis dat die uitlatings lasterlik was en gedoen is met die bedoeling om die twee vroue skade te berokken.
Die vroue is volgens die hofbevel N$15 000 elk in skadevergoeding toegeken, terwyl Haimbodi en Alweendo rente van 20% per jaar vanaf die datum van die hofbevel tot die finale betaling, asook die koste van die aansoek, moet betaal.
Volgens die eisers het hulle die hooggeregshof genader nadat Haimbodi en Alweendo oudio- en video-opnames wyd versprei het wat vals en lasterlike uitlatings oor die twee vroue bevat het.
Die uitlatings was in Oshiwambo en was deel van ’n onderhoud tussen Haimbodi en Alweendo. Dit is op 31 Augustus 2021 op Haimbodi se Facebookblad versprei.
Ten spyte van ’n versoek deur die vroue op ’n verskoning en skadevergoeding, het Haimbodi nog drie video’s op sy Facebookblad gedeel.
Volgens die transkripsie van die video’s is beweer Nehoya praat vanuit Alweendo se liggaam wat sê sy is besig om hom te toor. Die bewering is ook gemaak dat Ngitkwa opdrag aan Nehoya gegee het om heksery op Alweendo uit te oefen.
Nog beweringe het ingesluit dat Nehoya haar twee minderjarige kinders in toordery opgelei het, sy haar man getoor het, sy verantwoordelik is vir miskrame by vroue van die kerk, sy toordery gebruik om kliënte na die Onhimbu-mark te lok waar sy ’n stalletjie het en dat sy ’n lid van ’n vereniging van hekse en towenaars is.
Dieselfde aantygings is teen Ngitkwa gemaak.
Die gemeenskap het weens die aantygings die vroue verwerp en hulle kon nie kulturele en sosiale geleenthede bywoon nie, omdat hulle as hekse beskou is. Hulle het ook sielkundig gelei en hul kinders is geraak as gevolg van die feit dat hulle sosiaal by die skool uitgesluit is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie