'Pedofiel' se verhoor begin binnekort
Beskuldigde kry nuwe prokureur
Nadat kwessies van verteenwoordiging en openbaarmaking afgehandel is, is partye gereed om met die verhoor te begin.
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy talle jong seuns in Windhoek seksueel misbruik het, se verhoor sal volgende maand begin.
Ten spyte daarvan dat Johann Maree se verhoor verlede week moes begin het, is dit na 18 September uitgestel. Die rede vir die uitstel is omdat Maree se regsverteenwoordiger, Tuna Nhinda, hom aan die saak onttrek het en die verdediging nie volle openbaarmaking van die staat se verklarings, dossier en ander bewyse gehad het nie.
Maree het Maandag in die hoërhof in Windhoek voor regter Philanda Christiaan verskyn waartydens sy nuwe regshulpverteenwoordiger, Meriam Kandoni, op rekord gegaan het.
Sy het aangedui dat Maree se aanvanklike verteenwoordiger, Eva Nangolo, die staat se dokumente aan die kantoor van regshulp oorhandig het en dat sy in die komende dae seker sal maak dat dit volledig is. Sy het aangedui sy sal gereed wees om met die verhoor te begin wat vanaf 18 tot 22 September sal duur.
Partye het ook tydens Maandag se verrigtinge verdere verhoordatums geskeduleer. Die verhoor sal na verwagting weer op 24 Oktober hervat en tot 27 Oktober duur en sal dan voortgaan vanaf 6 tot 10 November.
Maree staan tereg op 75 klagte wat onder meer die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie op die donkerweb insluit.
Hy is in April 2020 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Ná ’n aansoek om psigiatriese evaluering wat Maree verlede jaar gebring het, is dit bevind dat hy geskik is om verhoor te word en aanspreeklik gehou kan word vir sy dade. Hy het destyds beweer dat hy niks van die misdrywe kan onthou wat die staat beweer hy gepleeg het nie.
Sommige van die slagoffers sal na verwagting tydens die verhoor getuig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie