• Tuisblad
  • Howe
  • Pensioenaris glo impotent tydens ‘verkragting’
Jors Arrie (voor) en Dirk von Weidts en word daarvan beskuldig dat hulle ˊn 11-jarige meisie verkrag het. Foto Iréne-Mari van der Walt
Jors Arrie (voor) en Dirk von Weidts en word daarvan beskuldig dat hulle ˊn 11-jarige meisie verkrag het. Foto Iréne-Mari van der Walt

Pensioenaris glo impotent tydens ‘verkragting’

Verhoor duur vandag voort
Dirk von Weidts se regsverteenwoordiger het gister verskeie kere aan die slagoffer se ma gestel dat sy nie die waarheid praat nie.
Iréne-Mari van der Walt
Die pensioenaris wat teregstaan op die verkragting van ’n 11-jarige meisie was glo impotent tydens die voorvalle ná hy sy bekkenbeen in ’n ongeluk gebreek en sy blaas gebars het.

So het sy regsverteenwoordiger gister in die hoërhof in Windhoek aangevoer oor bewerings wat die eerste getuie gemaak het, wat na bewering onakkuraat is.

Percy McNally het namens Dirk von Weidts (72) aan die slagoffer se ma, en die klaagster in die saak, gestel dit is onwaarskynlik dat Von Weidts haar dogter kon verkrag het aangesien haar mediese ondersoeke glo geen tekens van beserings aan haar maagdevlies of haar private dele getoon het nie, ten spyte van haar ouderdom en haar “klein” liggaamsbou.

Die slagoffer se ma het getuig sy het in November 2019 opgemerk dat haar dogter se gedrag verander het.

“Sy het langer gevat om terug te kom van die winkel af as gewoonlik en sy was skaam as sy gaan bad het. Sy het baie vinnig gebad en klaargemaak en ek moes soms drie keer praat as ek haar iets gevra het,” het die ma getuig.

Sy het tydens haar getuienis benadruk dat die datum wat in haar oorspronklike verklaring aan die polisie as 2020 aangeteken is, eerder 2019 moet wees.

Sy het verder getuig dat sy op 15 Februarie die volgende jaar haar dogter gevra het of Von Weidts aan haar vat, waarop haar dogter glo gesê het dat “hy aan haar borste vat en sy vinger in haar vagina gesit het”.

Die ma getuig sy het dieselfde dag nog ’n klag by die polisie aanhangig gemaak. Die datum op haar oorspronklike polisieverklaring is egter 18 Februarie 2021.

McNally het verskeie kere aan die getuie gestel dat sy nie die waarheid praat nie, aangesien haar getuienis glo verskeie en teenstrydige weergawes van gebeure bevat. Sy het ook getuig oor inligting oor insidente wat nie in haar polisieverklaring ingesluit is nie.

Sy het egter gesê dat sy die insidente met die polisie gedeel het, maar die polisiebeampte by wie sy haar verklaring afgelê het nie hierdie inligting bygevoeg nie.

“Ek het alles gesê. Ek weet wat die waarheid is. Dit was so vinnig, dit was baie vinnig. Die sersant het so die heeltyd gesê sy moet tjaila,” het die ma getuig.

Toe McNally aan haar stel dat sy die verklarings onderteken het en daardeur verklaar het dat sy die verklarings deurgelees, die inhoud daarvan verstaan het en daarmee tevrede was, het sy geantwoord dat sy in daardie stadium aan skok gelei het.

“Ons was onder skrik en skok en alles,” het sy gesê.

Die verhoor duur vandag voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!