• Tuisblad
  • Howe
  • Pensioenaris, medebeskuldigde pleit onskuldig op verkragting
Dirk von Weidts (regs) en Arrie Jors tydens ’n verskyning in die hoërhof. Foto Kristien Kruger
Dirk von Weidts (regs) en Arrie Jors tydens ’n verskyning in die hoërhof. Foto Kristien Kruger

Pensioenaris, medebeskuldigde pleit onskuldig op verkragting

'Inligting voldoende'
'n Pensioenaris en sy medebeskuldigde het tydens hul pleit van onskuld in die hoërhof geen verduideliking hiervoor gebied nie.
Iréne-Mari van der Walt
’n Pensioenaris en sy medebeskuldigde het gisteroggend in die hoërhof in Windhoek onskuldig gepleit op alle klagte teen hulle wat verband hou met die verkragting van ’n 11-jarige meisie. Hulle het geen verduideliking saam met hulle pleit gelewer nie.

Dirk von Weidts (72) en Arrie Jors (46) staan tereg op vyftien klagte van verkragting, kinderhandel en ontvoering weens die beweerde voorvalle wat glo tussen Oktober 2020 en Januarie 2021 plaasgevind het.

’n Aansoek wat voor die verhoor deur von Weidts gebring is, is in September verlede jaar aangehoor. Von Weidts het gevra dat meer inligting oor die klagte teen hom geopenbaar word, aangesien die beweerde gebrek aan inligting dit volgens hom moeilik gemaak het vir sy regsverteenwoordiger, Percy McNally, om die klagte teen te staan.

“Die beskuldigde word deur ’n magdom kwessies gekonfronteer, maar die besonderhede word nie aan hom verskaf nie,” het McNally aan regter Naomi Shivute tydens die aansoek gesê.

Shivute het in hierdie aansoek beslis dat die dossier reeds aan hom bekendgemaak is en dat die staat geen verdere besondherhede hoef te verskaf nie.

Die klagte teen die mans beweer dat hulle ’n 11-jarige meisie verskeie kere verkrag en seksueel misbruik het. Die meisie is glo met verskeie geleenthede na hul afsonderlike wonings geneem en verkrag.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!