D moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser. Foto Argief
D moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser. Foto Argief

Petroljoggie herken verdagte

Boodskap lei tot Lichtenstrasser se arrestasie
'n Petroljoggie van Karibib het Donderdag in mnr. Ernst Lichtenstrasser se moordverhoor getuig. Hy was destyds deels verantwoordelik vir Lichtenstrasser se inhegtenisneming.
Stefan Noechel
In die moordverhoor van mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat Donderdag in die hoërhof in Windhoek hervat het, was ’n ondersoekbeampte van die Namibiese polisie (Nampol), Sakaria Simon, die eerste getuie.

Simon is om sesuur in die vroeë oggendure van 15 April 2019 deur een van sy hoofde gebel om so gou as moontlik by die Nimt-kampus in Arandis aan te meld.

Hy was verantwoordelik vir die afsperring van die misdaadtoneel.

Hy het voor regter Christie Liebenberg getuig dat hy agt koeëldoppies by die toneel gevind het. Hy het ook twee skoenafdrukke op 'n klein stukkie sand langs die hoofkampus se gebou opgemerk.

Hy het sy bevindinge aan sy hoofde oorgedra, maar het nie opgevolg of foto’s van die skoenafdrukke en/of 'n afdruk geneem is nie.

Daarna was ’n petroljoggie, mnr. Laurentius Katambo, aan die beurt. Katambo was deels verantwoordelik vir Lichtenstrasser se inhegtenisneming die dag nadat die dubbele moord by die Nimt-kampus in Arandis plaasgevind het.

Katambo het getuig hy het Lichtenstrasser die dag ná die moord by die vulstasie op Karibib gesien. Lichtenstrasser het hom in Afrikaans gegroet en hom na bewering gevra of hy sy selfoon mag gebruik. Volgens Katambo se getuienis het hy N$5-lugtyd vir sy selfoon gekoop en dit vir Lichtenstrasser gegee.

Hy het glo belowe om die geld aan Katambo terug te betaal. Lichtenstrasser het na bewering sy vrou gebel en haar gevra om geld vir hom oor te betaal.

Katambo het Lichtenstrasser se wit Nissan-bakkie beskryf en getuig Lichtenstrasser het eers agter die diensstasie se gebou op Karibib geparkeer en ná die oproep met sy vrou het hy sy voertuig langs 'n petrolpomp geparkeer, maar nie sy voertuig volgemaak nie. Kort daarna het hy glo na die kitsbank by die vulstasie gegaan.

Katambo het intussen ’n WhatsApp-boodskap op sy selfoon gelees met ’n foto van Lichtenstrasser en dat hy deur die polisie gesoek word in verband met ’n moord. Katambo het 'n vriend by die vulstasie ontmoet wat ook die boodskap gesien het. Hy het vir hom gesê om na die polisie te haas en Lichtenstrasser te rapporteer.

'n Rukkie later het drie Nampol-polisiebeamptes opgedaag en Lichtenstrasser deursoek, geboei en hom saam met sy voertuig na die Karibib-polisiekantoor geneem.

Die verhoor duur voort. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!