Plaaswerker skuldig aan bylmoord, verkragting
Finale betoë op 12 September
Die moordenaar het aanvanklik aangevoer dat hy die boer uit selfverdediging met die byl aangeval het.
Die plaaswerker wat vier jaar gelede ’n 59-jarige boer, wat ’n bekende in rugbykringe was, met ’n byl doodgeslaan en daarna sy vrou verkrag en ontvoer het, is gister skuldig bevind.
Regter Noami Shivute het Kazana Nicolaus Hausiku (27) skuldig bevind op klagte van moord, verkragting, ontvoering en roof met verswarende omstandighede, asook die bestuur van ’n voertuig sonder ’n lisensie en roekelose en/of nalatige bestuur.
Die voorval het op 10 November 2018 op die egpaar se hervestigingsplot in die Otjimbingwe-omgewing naby Karibib plaasgevind.
Hausiku het as tuinier op die plaas gewerk en het die oorledene agter die kop met ’n byl geslaan. Hy het daarna met ’n panga die oorledene se vrou in die huis gedreig en haar verkrag.
Hy het toe van die egpaar se besittings in hul voertuig gelaai en die vrou gedwing om by die passasierskant in te klim. Hy het die voertuig sonder ’n rybewys bestuur.
Die vrou het tydens die verhoor getuig dat Hausiku baie vinnig gery het en die voertuig het op die grondpad omgeslaan.
Die vrou het gevlug en is ure later deur ’n verbyganger gevind en na die polisiekantoor geneem.
Sy het nie besef Hausiku het haar man vermoor nie en het dit eers met haar terugkoms op die plaas uitgevind.
VERHOOR
Hausiku het tydens die verhoor beweer hy het die oorledene uit selfverdediging vermoor, maar staatsgetuies het getuig Hausiku het hom van agter aangeval.
Die staat het ook aangevoer die oorledene het geen gevaar vir Hausiku ingehou nie, aangesien Hausiku reeds – volgens sy getuienis – die byl by hom afgevat het.
Hausiku het verder beweer dat hy niks gesteel het nie en dit slegs sy besittings was wat hy in die voertuig gelaai het.
Hy het ook gesê die oorledene se vrou het aangebied om hom Karibib toe te neem en dat hy haar nie ontvoer het nie.
Die oorledene se vrou het die teendeel in die hoërhof in Windhoek getuig. Sy het gesê hy het haar gedreig en gedwing om saam met hom in die motor te klim. Sy het ook getuig dit was nie net sy besittings in die voertuig nie.
Hy het ook gesê sy het die voertuig bestuur, maar die staat het ’n getuie geroep wat kon bevestig dat die vrou se beserings wat deur die veiligheidsgordel veroorsaak is, aandui dat sy wel op die passasiersitplek gesit het.
VERKRAGTING
Hausiku het ontken dat hy ooit die oorledene se vrou verkrag het. Tydens die verhoor het ’n forensiese kenner getuig dat die DNS-uitslae van monsters wat tydens ’n ondersoek van die vrou en haar klere verkry is, aan hom verbind kan word.
Nadat die inligting bekend gemaak is, het Hausiku aangevoer hy en die oorledene se vrou het ’n paar dae tevore konsensuele seksuele omgang gehad.
Die vrou het die stelling tydens haar getuienis verwerp en Shivute het in haar uitspraak gesê Hausiku se weergawe van gebeure het gedurig verander en dat die gebrek aan konsekwentheid, sy geloofwaardigheid gekniehalter het.
Volgens haar het die staat daarin geslaag om hul saak te bewys en kon daar nie gesteun word op Hausiku se verduidelikings nie.
Die saak is tot 12 September uitgestel vir finale betoë voor vonnisoplegging.
̶ [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie