‘Polisie mag geweld gebruik’
Shoprite-werknemer eis N$3,8 miljoen
Die verweerders voer aan dat die reserwemag binne wettige raamwerk opgetree het toe hulle betogers in 2021 met rubberkoeëls geskiet het.
Die lede van die spesiale reserwemag het binne hul wettige raamwerk opgetree.
So sê die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit in die saak waarin ’n Shoprite-werknemer op Ongwediva N$3,8 miljoen van die regering eis nadat ’n rubberkoeël hom glo tydens ’n vreedsame betoging getref het.
Gabriel Haihambo beweer dat die polisie hom op 15 Januarie 2021 by die Yetu-inkoopsentrum op Oshakati in die Oshanastreek tydens ’n betoging vir beter werksomstandighede en vergoedingspakkette, met vyf rubberkoeëls geskiet het.
“Die stakings was vreedsaam en wettig en die polisie het onregmatig en met opset op die betogers begin skiet,” lui Haihambo se eisbesonderhede.
Die ministerie en die regering erken in pleitstukke dat hulle met rubberkoeëls op betogers geskiet het in ’n poging om hulle te keer om die winkel te sluit.
“Die betogers het begin om lede van die reserwemag met klippe en ander items te gooi en daarna het die reserwemag op hulle begin skiet.”
“Hulle optrede is ingevolge afdeling 14(10) van die Polisiewet no. 19 van 1990 wat stel dat enige lid geweld mag gebruik indien dit redelik is in omstandighede met betrekking tot die voorkoming van misdaad of om ’n oortreder of verdagte of persone wat wederregtelik vry is, wettiglik in hegtenis te neem,” beweer die verweerders in hul pleitstukke wat op 14 Oktober verlede jaar by die hof ingedien is.
Partye het Woensdag in die hoërhof in Windhoek voor regter Marlene Tommasi verskyn.
KWESSIE VAN VERJARING
Die verweerders voer aan dat die saak van die hofrol geskrap moet word op grond daarvan dat die aansoek glo verjaar het. Haihambo betwis hierdie bewering.
Hulle beweer dat Haihambo volgens die polisiewet, binne ’n tydperk van 12 maande ná die beweerde voorval, die saak voor die hof moes bring. Volgens Haihambo se eisbesonderhede het die voorval op 15 Januarie 2021 plaasgevind.
“In ’n poging om aan die wet te voldoen het hy [Haihambo] sy kennisgewing op 14 Januarie 2022 ingedien, maar die kennisgewing het ’n tekortkoming deurdat die kennisgewingstydperk van een maand nie verloop het nie en die saak dus voortydig voor hierdie hof gebring is,” beweer die verweerders.
Haihambo het wel op dié bewering gereageer en gesê die kennisgewing het wel die wet nagekom deurdat hy die minister in kennis gestel het voor hy die saak voor die hof gebring het; en hy die verrigtinge binne 'n tydperk van 12 maande ingestel het. Dus het die aangeleentheid nie verjaar soos die verweerders beweer nie.
Die verweerders het uitgewys die dagvaarding is glo eers op 17 Januarie uitgereik en hulle is eers op 19 Januarie daarvan in kennis gestel.
Tommasie sal tydens die volgende verskyning die partye se argumente aanhoor en daarna ’n beslissing maak.
BESERINGS EN EISE
Volgens Haihambo moes hy mediese behandeling ontvang vir die kopbeserings wat hy weens die rubberkoeëls opgedoen het.
Hy het glo aan hoofpyne, duiseligheid and verswakte sig gely.
Sy mond het ook na bewering aanhoudend gebloei en volgens sy eisbesonderhede kon hy vir twee maande nie werk nie. Hy kon ook nie met sy terugkeer werk toe sy gewone pligte hervat nie weens sy beserings en sy onvermoë om te konsentreer.
Haihambo eis N$800 000 vir mediese behandeling en operasies wat hy moes ondergaan, N$1 miljoen vir toekomstige mediese uitgawes en ’n bykomende N$1 miljoen vir die verlies aan inkomste.
Hy eis N$500 000 vir die fisieke pyn en nog ’n halfmiljoen vir die emosionele en psigiese pyn wat die voorval meegebring het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie