'n Skermgreep uit die video wat wys die polisie was teenwoordig toe die vrag weggedra is.
'n Skermgreep uit die video wat wys die polisie was teenwoordig toe die vrag weggedra is.

Polisie moet pa staan vir plundery

Henriette Lamprecht
’n Koeriermaatskappy dagvaar die ministerie van binnelandse sake, immigrasie en veiligheid en sekuriteit vir byna N$700 000 nadat die hele vrag van ’n omgeslane vragmotor in die teenwoordigheid van polisiebeamptes geplunder is.

Mnre. Jasper Erasmus en Cobus Blaauw van Suide Distributors sê in hul eedsverklaring een van hul vragmotors het op 3 Augustus 2020 op die B1-hoofweg tussen Mariental en Keetmanshoop omgeslaan.

As gevolg van die ongeluk was ’n gedeelte van die vrag wat op die vragmotor was, oor die ongelukstoneel gestrooi terwyl die oorblywende vrag steeds ongeskonde langs die sleepwaens van die vragmotor was.

Die vervoerders beweer lede van die publiek het in die teenwoordigheid van lede van die Namibiese polisie, die hele besending op die vragmotor onregmatig verwyder, geplunder en/of gesteel.

’n Video wat deur omstanders op die toneel geneem is, is ook wyd in die sosiale media versprei en wys die beweerde plunderaars in die teenwoordigheid van polisiebeamptes.

Suide Distributors sê as die openbare vervoerder van die goedere, het hulle die risiko gedra vir enige verlies van die voorraad wat vervoer is.

Die eedsverklaring verwys na “adj.komm. Hamakoto, sersant Mviila, konstabel Dreyer, konstabel Swartbooi en ander polisiebeamptes wie se name en range onbekend aan die eiser is”, sowel as verskeie burgerlikes en voertuie wat op die ongelukstoneel was.

Volgens die hofstukke het die polisielede ten spyte daarvan dat hulle ’n wettige plig hiertoe het, toegelaat dat lede van die publiek die vragmotor se totale voorraad geplunder het.

As gevolg hiervan het Suide Distributors verliese ter waarde van N$699 460 gelei. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!