Polisieman vas wat glo man aan die brand steek
Borgtog geweier
'n Polisieman word daarvan beskuldig dat hy 'n man probeer vermoor het deur hom aan die brand te steek.
’n Polisiekonstabel van Rundu bly in aanhouding nadat hy op ’n klag van poging tot moord in hegtenis geneem ná hy glo petrol op ’n 35-jarige slagoffer gegooi en hom met ’n vuurhoutjie aan die brand gesteek het.
Die beskuldigde, Mpo Gift Shakanda (30), het verlede week voor landdros Sonia Samupofu in die landdroshof op Rundu verskyn en is borgtog geweier.
Die saak is tot 9 Januarie 2023 uitgestel vir verdere polisieondersoeke.
Die voorval het op Vrydag, 30 September, by 'n plaaslike sjebeen in Rundu se Ndama informele nedersetting plaasgevind.
Die slagoffer, Munango Daniel, is in die Rundu-staatshospitaal opgeneem nadat hy ernstige brandwonde aan 20% van sy liggaam opgedoen het.
Volgens 'n verpleegster het hy brandwonde aan meestal sy kop en bolyf opgedoen, maar reageer goed op behandeling.
Die slagoffer, 'n inwoner van Ndama, was nie bereid om met die media te praat nie en het gesê hy het steeds pyn.
Volgens inligting het die voorval omstreeks 21:00 die betrokke dag plaasgevind toe die slagoffer probeer keer het dat 'n geveg by die sjebeen uitbreek.
Volgens ooggetuies was Shakanda in 'n argument met Munango se vriend buite die sjebeen betrokke.
Die slagoffer het na bewering ingegryp omdat hy kon sien die argument raak warm.
Daar word verder beweer die verdagte het van die sjebeen verlaat en minute later teruggekeer met ’n houer petrol bevat het. Hy het glo huis toe gegaan en die petrol uit ‘n kragopwekker getap.
Hy het daarna teruggekeer na die sjebeen.
Ooggetuies voer aan Munango was toilet toe waar die verdagte die petrol op hom gegooi het.
Ten spyte daarvan dat Shakanda in hierdie stadium die enigste beskuldigde is, word daar beweer iemand anders het die vuurhoutjie aangesteek en op Munango gegooi het, waarna hy aan die brand geslaan het.
Shakanda en sy vriende het glo van die toneel gevlug.
Omstaanders het gehelp om die vlamme met sand te blus.
Die beskuldigde is eers drie dae later in hegtenis geneem. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie