‘Ponzi-bestuurder’ vas op 124 klagte
Verhoor duur voort in Mei
Die staat beweer Sakaria Namwandi het sy maatskappy gebruik om 'n Ponzi-skema te bedryf.
Die verhoor van ’n man wat na bewering ’n Ponzi-skema bedryf het, sal weer in Mei in die hof verskyn op onder meer 123 klagte van bedrog.
Dit nadat hy glo 79 beleggers uit N$4,3 miljoen geswendel het.
Sakaria Namwandi se verhoor sal op 15 Mei in die hoërhof in Windhoek voortduur nadat die staatsaanklaer, Constance Moyo, Woensdag om uitstel gevra het.
Namwandi en sy maatskappy, Asset Legacy Investment CC – waarvan hy glo die enigste lid is – staan tereg op onder meer 123 klagte van bedrog en een klag vir die bedryf van ’n Ponzi-skema.
Die staat beweer Namwandi het sy maatskappy gebruik om ’n Ponzi-skema te bedryf. Hy het glo beleggers onder die indruk geplaas dat sy maatskappy opbrengste van 50% binne 30 dae sal kan lewer deur in buitelandse valutaskemas te belê.
Die bedrogklagte hou verband met beweringe dat Namwandi glo voorgegee het dat hy gemagtig was om beleggings te ontvang.
Namwandi staan ook tereg op twee klagte van belastingontduiking. Dít hou verband met die staat se bewering dat Namwandi valslik aan die ministerie van finansies verklaar het dat hy geen belasbare inkomste tussen 2020 en 2021 verdien het nie, terwyl hy glo N$3,1 miljoen in verskeie bankrekeninge gehad het. Namwandi het na bewering versuim om belasting van N$1 miljoen te betaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie