Presidentsvrou en Hishoono versoen
Besluit om nie vonnis af te dwing nie
Me. Monica Geingos sê sy het dit van die begin af duidelik gemaak haar besluit om regsaksie te begin, is nie deur 'n begeerte gedryf om geld te maak nie.
Die man wat daarvan beskuldig is dat hy lasterlike uitlatings oor die presidentsvrou gemaak en gevolglik duisende dollar moes opdok, het “eerlik, diep en opreg” aangedui dat hy haar regte en dié van haar familie geskend het.
Hy het ook erken dat hy “absoluut geen feitelike basis vir die toksiese uitlatings het nie”.
In die lig hiervan sê me. Monica Geingos, het sy besluit om nié ’n hoërhofvonnis teen mnr. Abed Hishoono af te dwing en uit te voer om haar met N$250 000 te vergoed en ook haar regskoste van sowat N$400 000 te betaal nie.
Sy het in ’n verklaring wat deur haar regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandja uitgereik is, verwys na Hishoono wat net N$20 000 hiervoor kon insamel en wat erken het sy “ongevraagde en vals verklarings het hom verskeie probleme op die hals gehaal en sy familie negatief geraak”.
Geingos sê sy het dit van die begin af duidelik gemaak haar besluit om regsaksie te begin, is nie deur ’n begeerte gedryf om geld te maak nie.
“Van die begin af was dit my voorneme om my regte onbevrees te laat geld, te beskerm en te regverdig wat ernstig deur die vals verklarings geskend is,” het Geingos gesê.
Volgens haar het sy ook as ’n regsgehoorsame burger gevoel die tyd het aangebreek vir die land se regstelsel om deur sy vonnisse in te spring en dit duidelik te maak die Namibiese Grondwet gee burgers nie die reg om kosteloos ander se regte te skend en te laster onder die vaandel van vryheid van spraak nie.
Sy het verwys na ’n paragraaf in die hofuitspraak wat lui dit is moeilik om skade aan iemand se reputasie en waardigheid in monetêre terme te bereken.
“’n Hoër toekenning herstel nie skade aan reputasie en waardigheid nie. Dit is nie noodwendig die skadevergoeding wat die skade wegneem nie, maar die regsbevinding ten gunste van die klaer,” lui die uitspraak.
Geingos sê in haar verklaring gebaseer hierop en omdat “ek met my broer, mnr. Hishoono, wil versoen en tevrede is hy het verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar,” het sy besluit om afstand te doen van die geld wat volgens die hofuitspraak aan haar verskuldig is.
Sy het die hoop uitgespreek dat haar besluit ’n situasie sal vermy waarin Hishoono se familie en moontlik sy kinders as gevolg van sy verkeerde optrede die gevolge moet dra.
“Ek hoop ook dat mnr. Hishoono ’n ambassadeur sal word vir die bevordering van verantwoordelike openbare debat en konstruktiewe deelname gestroop van primitiewe en toksiese inhoud.”
Intussen berig Kenya Kambowe uit Rundu die Independent Patriots for Change (IPC) se streekleier vir Ohangwena is dankbaar vir Geingos se gebaar.
“Ek voel baie goed dat die eerste dame my vergewe het,” het Hishoono gesê.
“Vandag is die Dag van die Afrika-kind, dit sal in die geskiedenis van die land voortaan ’n baie spesiale dag wees omdat die eerste dame van die land haar moederliefde bewys het deur haar eie seun te vergewe. In my geskiedenis is vandag nasionale versoeningsdag omdat sy nie net met my versoen het nie, maar versoening aan mense gebring het wat my ondersteun en dié wat haar ondersteun.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie