Pretorius tot 35 jaar gevonnis
Marthinus Pretorius is verlede week tot 35 jaar tronkstraf gevonnis.
Die voormalige polisiebeampte van Suid-Afrika is aan verkragting en mensehandel skuldig bevind.
In die vonnisuitspraak het die waarnemende regterpresident Hosea Angula gesê dis in die belang van die gemeenskap en om jong meisies te beskerm dat Pretorius verwyder word.
Pretorius, self ’n pa van drie kinders, het die vertroue misbruik wat die gemeenskap in hom as ’n polisiebeampte geplaas het. Hy het minderjariges uitgebuit, eerder as om hulle te beskerm.
“Die feit dat sy eie dogter dieselfde ouderdom as die slagoffer was, is verswarend.”
Die hof het beslis die verkragting het nie net die slagoffer permanente skade berokken nie, maar ook Pretorius se eie familie. Deur lang vonnisse vir verkragters op te lê, stuur die howe ook ’n sterk boodskap uit.
Pretorius is in 2020 ses keer van verkragting en vyf keer van mensehandel aangekla, nadat die hof vasgestel het dat hy twee meisies (destyds 13 en 14 jaar oud), in sy huis in Swakopmund vir seksuele uitbuiting ingeneem het.
Hierdeur het hy hom aan mensehandel ingevolge die wet op die bekamping van georganiseerde misdaad skuldig gemaak.
Pretorius is in Maart 2016 in Johannesburg in hegtenis geneem, maar weens die lang uitleweringsproses is hy eers in Desember 2018 na Namibië uitgelewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie