Peneyambako Tutaleni, Johanna Endjala, Regina Songara, Ndeshimona Kuzatjike, Tracy Salufu en Mire Mweendeleu het beurse van die LPFF en die LSN ontvang. Foto Iréne-Mari van der Walt
Peneyambako Tutaleni, Johanna Endjala, Regina Songara, Ndeshimona Kuzatjike, Tracy Salufu en Mire Mweendeleu het beurse van die LPFF en die LSN ontvang. Foto Iréne-Mari van der Walt

Prokureurs gemaan teen die gebruik van KI

Iréne-Mari van der Walt
Prokureurs moet aanspreeklik gehou word indien hul werk wat deur kunsmatige intelligensie (KI) gedoen word, foutief is.

So het die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), Toni Hancox, by ’n geleentheid van die Regsvereniging van Namibië (LSN) gesê waar ses studiebeurse aan regstudente oorhandig is.

Sy het dié opmerking gemaak in reaksie op ’n raadslid van die Regspraktisyns Getrouheidsfonds (LPFF), Taimi Iileka-Amupanda, se uitlatings oor regspraktisyns wat KI gebruik om verskeie take te verrig.

“Dit is moeilik om jou kliënt akkuraat te verteenwoordig as hulle KI gebruik – daar is ’n sekere mate van selfvoldaanheid terwyl hulle steeds fooie hef,” het Iileka-Amupanda ná die oorhandiging aan Republikein gesê.

Sy meen dié kommerwekkende neiging mag dalk ’n klad op die naam van die regsberoep wees.

“Dit is nie ’n goeie voorstelling van die beroep nie en ek glo dit kan die geloofwaardigheid van die beroep skade berokken,” het sy gesê.

Hancox stem saam dat die vertroue in regspraktisyns skade kan ly as KI gebruik word.

“Ek wil glo dit is ’n eerbare beroep – jy kan nie fooie hef vir iets wat nie deur jou gedoen is nie,” sê sy.

Sy glo die feit dat KI inligting uit ’n wyer poel as net Namibiese bronne insamel, kan ’n tameletjie afgee.

“Dit is iets waarvoor hulle baie fyn moet kyk – wat as KI nie die regte raad gee nie? Ek dink mense sal in staat moet wees om ’n klag teen hul prokureur te lê indien dit gebeur,” sê Hancox.

STUDIEBEURSE

Die LPFF en die LSN het gister ses jaar lange beurse aan regstudente oorhandig.

Johanna Endjala en Regina Songara is reeds begin met hul tweede jaar van studies en het beide ’n verlenging van hul studiebeurs ontvang.

Ndeshimona Kuzatjike, Peneyambako Tutaleni, Tracy Salufu en Mire Mweendeleu het die beurs vir die eerste keer ontvang. Al die begunstigdes is vroue.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!