• Tuisblad
  • Howe
  • Psigiater in September voor vir huishoudelike geweld

Psigiater in September voor vir huishoudelike geweld

Henriette Lamprecht
Precious Nghitaunapo - ’n Psigiater van die kus wat van huishoudelike geweld teen sy vervreemde vrou aangekla word, se saak is vir verdere ondersoek tot 10 September uitgestel.

Dr. Pieter van der Westhuizen is op 3 Julie verlede jaar in Swakopmund in hegtenis geneem op ’n klag van aanranding van sy 52-jarige vrou, Sonja, tydens ’n rusie by hul huis in Ocean View.

Sy het reeds drie beskermingsbevele teen hom gekry wat hy oortree het en het intussen ook ’n skeisaak aanhangig gemaak.

Van der Westhuizen is met sy eerste verskyning in die hof borgtog geweier en is met sy tweede verskyning ná nege dae op borgtog van N$2 000 vrygelaat.

Hy is vroeër onskuldig bevind nadat hy onder meer daarvan aangekla is dat hy ’n pasiënt sou verkrag het terwyl sy onder baie sterk medikasie was wat deur hom voorgeskryf is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!