Rastalokke afgesny, eis N$1,25 miljoen
Vryheid van geloof ter sprake
'n Ganja-aktivis sleep die gevangenisowerhede hof toe oor sy hare.
Brian Jaftha dagvaar die gevangenisowerhede vir N$1,25 miljoen nadat sy rastalokke afgesny is.
Jaftha dien gevangenisstraf van twee jaar uit vir die besit van dagga. Hy verteenwoordig homself in die hofsaak.
Luidens die besonderhede van die eis, sê Jaftha dat hy op 16 Oktober 2023 na die Windhoek Sentrale Gevangenis geneem is en gedwing is om sy hare te laat sny.
Dit ten spyte daarvan dat hy duidelik aangedui het dat hy aan die Rastafari-geloof behoort en die rastalokke, wat hy al vir meer as 20 jaar gegroei het, ’n teken was van sy toewyding tot sy geloof en die dieetbeperkings van sy geloof.
Jaftha is ook 'n prominente lid van die organisasies Rastafari United Front en die Ganja Users of Namibia. Hy is tans ook betrokke by ’n grondwetlike uitdaging teen die kriminalisering van dagga-besit in Namibië in ’n aparte voortslepende hofsaak.
Sy rastalokke dui op sy aanneming en nakoming van die Nasarener-geloftes, dui Jaftha in sy verklaring aan.
Hy skryf oor die afgelope jaar het tronkbewaarders voortgegaan met die “irrasionele en kwaadwillige dade deur hom sy reg te ontsê om sy godsdiens te handhaaf en te beoefen en sy rastalokke te laat groei”.
Die bewaarders tree op ingevolge die kommissaris-generaal van die gevangenisdiens se opdrag no. S6/2021 paragraaf 3.4 op, wat stipuleer dat alle mansgevangenes kort hare moet hê van nie meer as een sentimeter lank nie, met inagneming van persoonlike higiëne. Die opdrag verwerp ook spesifiek rastalokke.
Jaftha sê dié opdrag se impak op sy grondwetlike reg om sy geloof uit te leef, is verwoestend.
“Dit is duidelik ’n voorbeeld van ’n onderskeid wat irrasioneel en vernederend is, en die siening dat ons lewens nie so waardig is soos dié van ander gelowiges nie,” skryf hy in die hofstukke.
Hy voer aan dat Namibië se Rastafari-gemeenskap kwesbaar en gemarginaliseer is en staatmaak op die beskerming van die Grondwet en die land se wette.
“Die Grondwet verplig die Windhoek Sentrale Gevangenis om verskeie gelowe en kulturele gebruike te duld en te akkommodeer,” skryf hy.
Jaftha eis N$250 000 vir skending van godsdiensvryheid, N$125 000 vir diskriminasie, N$125 000 vir die skending van persoonlike outonomie en liggaamlike integriteit en N$250 000 vir die emosionele skade wat hy gely het.
Verder eis hy nog N$125 000 vir die voortdurende skending van sy menswaardigheid, N$250 000 vir die rastalokke wat hy oor 20 jaar gegroei het en N$125 000 vir die skending van sy karakter.
Volgens die kantoor van die ombudsman volg Jaftha die regte stappe om sy regte te beskerm, “aangesien die sny van sy hare onder protes potensieel verskeie grondwetlike regte kan beïnvloed, insluitend die reg op waardigheid, om nie op ’n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandeling te word en vryheid van godsdiensuitdrukking, afhangende van die konteks”.
Ander regte wat Namibië se Grondwet beskerm en in hierdie geval geskend kan word, sluit in die reg op kulturele uitdrukking, gelykheid en niediskriminasie en die reg op privaatheid.
“Oor die algemeen word korrektiewe geriewe toegelaat om sekere beperkings in te stel om orde, veiligheid en higiëne te handhaaf. Hierdie beperkings moet egter nodig, redelik en proporsioneel wees,” volgens die ombudsman se kantoor.
Veroordeelde misdadigers behou fundamentele regte, insluitend die reg op godsdienstige uitdrukking, voer die kantoor van die ombudsman aan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie