RDP-geskil: Dringende aansoek uitgegooi
Interdik om toegang tot bankrekening te verbied
'n Volbank regters het in die kieshof beslis dat dié hof nie die jurisdiksie het om die aansoek van die RDP aan te hoor nie.
Die Rally for Democracy and Progress (RDP) se kwessies tussen fraksies binne die party het die kieshof in Windhoek gehaal, maar die hofaansoek was van korte duur voordat dit uitgegooi is.
Die een fraksie van die RDP, wat Hinananye (Kandy) Nehova, Ismael Frans, John Nghishekwa en Asser Sheuyange insluit, het gefaal in sy poging om ’n interdik teen vier lede van die party se ander fraksie te kry op grond van beweerde onreëlmatighede in die 2019-verkiesing.
Die aansoek is uitgegooi, nadat die regters bevind het dat die kieshof nie die jurisdiksie het om die saak aan te hoor nie.
Die dringende aansoek is gemaak teen Mike Kavekotora, Kennedy Shekupakela, Nicanor Ndjoze en Cecil Nguvauva, in ’n poging om hulle toegang tot die party se bankrekening te verbied en om hulle verder te verbied om enige konferensies of vergaderings te hou in verband met die nominasies vir kandidate vir die komende presidentiële en nasionale verkiesing.
Die party beweer in sy hofstukke dat hulle die hou van nie-gesanksioneerde vergaderings vir die kies van kandidate wil verhoed.
Nehova het ook in sy verklaring gesê dat hulle vandeesmaand uitgevind het dat die respondente glo besig is om die RDP se rekening te gebruik om onwettige en nie-gesanksioneerde konvensies te hou wat glo in stryd is met die party se grondwet.
Nehova voer aan dat Kavekotora ’n lys van kandidate vir die presidentiële en nasionale verkiesing van November 2019 namens die RDP ingedien het, wat nie goedgekeur was nie. Hy was ook ’n lid van parlement vir die RDP.
Shekupakela is ook ’n lid van parlement ingevolge een van die RDP se setels.
Ndjose is by die aansoek betrek omrede by na bewering die persoon was wat homself as die gemagtigde verteenwoordiger van die RDP voorgehou het.
Ngurauva is betrek as die persoon wat na bewering die onsuksesvolle nasionale konvensie in Junie 2019 gelei het.
JURISDIKSIE
Toe partye verlede week in die kieshof in Windhoek verskyn, moes die kwessie van jurisdiksie eerste opgeklaar word voordat die saak kon voortgaan.
Kavekotora, Shekupakela, Ndjose en Ngurauva se regsverteenwoordiger, adv. Marius Boonzaier, het weggespring met argumente en aangevoer dat die RDP besig is om prosesse te misbruik en dat dié hof nie die jurisdiksie het om die saak te hanteer nie.
“Daar is niks wat verband hou met die verkiesingswet in hierdie saak nie. Hierdie hof kan nie betrokke raak by interne kwessies van partye nie,” het Boonzaaier aangevoer en bygevoeg dat die saak eerder in die hoërhof gebring moes word.
Amanda Titus het namens die RDP in die hof aangevoer dat die kieshof ’n vertakking is van hoërhof en daarom dieselfde magte kan uitoefen.
“Die hof kan hom nie blind hou tot die onreëlmatighede nie. Die applikante en sy lede is besig om te ly en glo dat hulle grondwetlike regte reeds sedert 2019 geskend word.
“Hierdie saak is nie net interne bakleierye nie, dit is veel groter as dit. Dit het betrekking tot openbare belang,” het Titus aangevoer.
Regters Nate Ndauendapo, Kobus Miller en George Coleman het die aansoek van die hand gewys en bevind dat die kieshof nie jurisdiksie het nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie