ReconAfrica beweer steeds regter is partydig
Appelleer teen weiering van onttrekkingsaansoek
ReconAfrica beplan om aansoek te doen vir verlof van die hoërhof om teen die uitspraak van hul onttrekkingsaansoek in die hooggeregshof te appelleer.
Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het die afgelope week aangedui dat hy teen ’n onlangse hoërhof uitspraak gaan appelleer.
Die maatskappy het ’n aansoek gebring dat regter Eileen Rakow haarself van die saak teen mnr. Andreas Sinonge moet onttrek. Die aansoek is van die hand gewys.
Sinonge, ’n inwoner van Mbambi in die Kavango-Oosstreek, het die saak teen ReconAfrica aanhangig gemaak. Die maatskappy het glo sonder enige beraadslaging of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye op kommunale grond vernietig om hul tweede toetsboorgat te boor.
Sinonge eis ’n bevel om ReconAfrica van hul kommunale grond te verwyder en die gebied te rehabiliteer.
ReconAfrica se onttrekkingsaansoek is by die hoërhof in Windhoek ingedien ná ’n dispuut waartydens Rakow glo partydig opgetree het.
Die redes vir die uitspraak is op 29 Maart bekend gemaak, waarna ReconAfrica hul regsverteenwoordigers aangesê het om die uitspraak in die hooggeregshof te appelleer.
ReconAfrica versoek nou toestemming van die hoërhof om 'n appèl in die hooggeregshof voort te sit.
Die respondent se aansoek om verlof tot appèl moet binne 15 dae – vanaf die datum waarop die redes gelewer is – ingedien word ingevolge reël 115(3) van die hof se reëls.
“Die respondent [ReconAfrica] sal die aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof voor of op Maandag 18 April indien,” lui hofstukke.
‘VERTRAGINGSTAKTIEK’
In hofstukke sê Sinonge hy stem nie met ReconAfrica se denkwyse saam nie, hoewel hy toegee dit is hul reg om ’n aansoek om verlof tot appèl te bring.
Sinonge en sy regsverteenwoordigers het wel hul kommer uitgespreek oor die feit dat ReconAfrica reeds ’n hangende aansoek het vir verlof om ’n ander uitspraak te appellleer.
ReconAfrika wil ook teen ’n ander uitspraak appelleer wat op 24 November 2021 gelewer is aangaande Rakow se bevel om Sinonge geleentheid te gee om sy antwoordende beëdigde verklaring in te dien.
ReconAfrica sê Sinonge het nie 'n substantiewe aansoek ingedien om verlof van die hof te vra nie en sy het daarom ’n regsfout begaan.
Die partye het Dinsdag ingestem dat die onttrekkingsaansoek eerste hanteer sal word en daarna die aansoek om verlof tot appèl van die uitspraak op 24 November.
Sinonge is van mening ReconAfrica moet eers die volgorde van hul appèlle uitsorteer.
“Sodanige gedrag deur die respondent [ReconAfrica] is nie net verwarrend nie, maar nadelig vir die applikant [Sinonge] en 'n blote vertragingstaktiek,” lui die statusverslag wat Dinsdag by die hoërhof ingedien is.
Die ander respondente in die saak is die Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor), wat 10% aandele in ReconAfrica besit, die Shambyu Tradisionele Owerheid, asook die ministers van myne en energie, landbou, water en grondhervorming en die omgewing, bosbou en toerisme.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie