ReconAfrica se sekuriteite weer in fokus
Frank Steffen en Ellanie Smit
’n Prokureursfirma in Ontario, Kanada (Berger Montague Canada PC) beplan om alle gepubliseerde artikels deur en oor Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) se bedrywighede opnuut onder die soeklig te plaas.
Bloomberg berig ’n Amerikaanse federale hof het op 23 April ReconAfrica se mosie verwerp om die eise in die klas-aksie deur Amerikaanse aandeelhouers van die hand te laat wys. ReconAfrica is beveel om ’n antwoord in te dien op die regsklagte dat hy sy beleggers vroeër mislei het.
Die oorspronklike groepsgeding dateer uit 2021, toe ReconAfrica hom weerhou het om met sy planne vir hidrobreking voort te gaan vanweë die openbare druk in Namibië – anders as sy aankondigings in die aandelebeursprospektus van 2020.
Dié besluit is glo nie aan beleggers deurgegee nie. Daar word egter gesê dat sekuriteite intussen van hande verwissel het – tot die ooglopende nadeel van beleggers.
DISPUUT OOR SEKURITEITE
Volgens BM Canada het die ReconAfrica-aandelemakelaar Haywood Securities sy prysdoelwit met 42% (van 14 tot 8 Kanadese dollar) verlaag ná die maatskappy se beleggerskonferensie in November 2022, waar boor- en seismiese resultate bekend gemaak is.
Haywood het beklemtoon dat ReconAfrica aansienlike hoeveelhede kapitaal en reserwes sal benodig om die Kavango-kom te ontwikkel en te kommersialiseer.
Andrew Morganti van Berger Montague ondersoek nou of ReconAfrica versuim het om wesenlike ongunstige feite bekend te maak in sy finale opsommingsprospektus wat op 24 Februarie 2022 gepubliseer is en in sy kerndokumente wat op 28 April, 30 Mei en 29 Augustus 2022 op SEDAR gepubliseer is.
Die dokumente is eers op 9 November 2022 openbaar gemaak, berig Bloomberg.
“ReconAfrica se aanbod gedateer 1 Maart 2022 is deur Canaccord Genuity Corp. uitgevoer. Indien jy buite die VSA woon en tussen 30 Mei 2021 en 8 November 2022 ReconAfrica-sekuriteite gekoop het, kan jy in aanmerking kom,” maan BM.
REGSKOSTE
Intussen woed ’n toutrekkery oor die regskoste wat teruggeëis word deur Namibië se staatsbeheerde brandstofverspreider Namcor ingevolge ’n hofbevel van die eiser Ncumcara-komitee vir die bestuur van gemeenskapswoude en die bestuurskomitees van Muduva-Nyangana Communal Conservation Area en Katope Communal Forest asook die beheerliggaam KEWRCCFA (Association of Conservancies and Communal Forests in Kavango East and West).
Hierdie groepe het voor hoofregter Thomas Masuku misluk toe hulle die voortgesette gas- en olie-eksplorasie in die Kavangostreke probeer onderdruk het.
Die regskoste van meer as ’n halfmiljoen Namibiese dollar wat aan die Kavango-gemeenskappe gehef word, kan die beskermde gebiede en gemeenskapswoude in die Kavangostreke finansieel verwoes, meen verskeie Namibiese burgerlike samelewingsorganisasies (CSO’s). Hulle doen ’n beroep op die regering om die regskoste op te hef. In dié geval is 14 organisasies betrokke.
VIR TOEKOMSTIGE GESLAGTE
“Die regering en howe moet mense se belange beskerm in plaas daarvan om gemeenskappe te straf vir die uitoefening van hul grondwetlike reg om beswaar teen onregverdige behandeling uit te oefen,” het Max Muyemburuko, voorsitter van die Muduva-Nyangana munisipale gebied, gesê.
“Ons sal vasberade opstaan vir ons demokratiese reg om ons omgewing te beskerm. Kavango is die enigste land wat ons het. Ons praat namens die bome en die rivier wat geen mond of tong het nie.
“Ons het ’n onvoltooide taak om die omgewing vir ons kinders, kleinkinders en toekomstige geslagte te bewaar. Juis dít is die doel van bewaringsgebiede en gemeenskaplike woude.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie