• Tuisblad
  • Howe
  • RedForce slaag in saak teen Hentiesbaai-munisipaliteit
Foto argief
Foto argief

RedForce slaag in saak teen Hentiesbaai-munisipaliteit

Uitspraak Maandag gelewer
Die munisipaliteit van Hentiesbaai en RedForce is in 'n dispuut gewikkel oor die kontrak vir skuldinvordering op dié dorp.
Kristien Kruger
Die hoërhof in Windhoek het Maandag die munisipaliteit van Hentiesbaai verbied om sy kontrak met die skuldinvorderaar RedForce Debt Management te beëindig.

Dié interdik sal van krag bly hangende die uitkoms van ’n dispuut tussen die partye oor die geldigheid en beëindiging van die kontrak.

Waarnemende regter George Coleman het Maandag die bevel uitgereik nadat RedForce vandeesmaand ’n dringende aansoek by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak het.

Tydens die hofverrigtinge het die munisipaliteit ’n teenaansoek gebring waarin hy die geldigheid van die kontrak onder die loep neem.

Die munisipaliteit het beweer dat die kontrak buite die voorgeskrewe tydperk van 30 dae onderteken is, wat die toekenning van die tender dus ongeldig maak.

Coleman het dié bewering verwerp en die teenaansoek van die hand gewys.

“Na my mening is daar ’n ooreenkoms ingevolge waarvan beide partye vir ten minste twee jaar gefunksioneer het. Niemand het toe die geldigheid van die ooreenkoms bevraagteken nie.”

Coleman het ook in sy aansoek daarop gewys dat die kontrak bepalings uiteensit vir die beëindiging daarvan, asook alternatiewe om dispute te hanteer, insluitend arbitrasie. Hy het verder beveel dat die munisipaliteit en sy uitvoerende hoof die aansoek se regskoste moet betaal.



N$43 M. INGEVORDER

RedForce het in sy hofstukke aangevoer dat hy ’n brief op 6 September vanjaar ontvang het waarin die maatskappy ingelig is oor die beëindiging van sy kontrak met die Hentiesbaai-munisipaliteit. RedForce beweer dit was heel onverwags.

Die munisipaliteit het ses redes verskaf vir sy besluit om die kontrak te beëindig en een daarvan was dat RedForce glo nie voldoende dienste gelewer het nie.

RedForce het glo sedert Februarie 2022 sowat N$43 miljoen ingevorder en beweer dat hy nooit enige klagtes van die munisipaliteit ontvang het nie.

Nadat die brief ontvang is, beweer RedForce dat die munisipaliteit die beëindiging van die kontrak vir ’n maand uitgestel het. RedForce was glo onder die indruk dat hy ’n geleentheid gegun sou word om vertoë te rig voordat ’n finale besluit geneem sou word.

Voordat die maand egter verby was, is die maatskappy in kennis gestel dat sy dienste beëindig is. RedForce het daarna die dringende aansoek gebring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!