Regbank onder beleg
Namibiërs ‘weet hoe om vir hul regte te baklei’
Die Vereniging van Advokate van Namibië doen 'n beroep op die publiek om noukeurig oor hul gedrag te besin wanneer dit kom by uitsprake deur die hooggeregshof.
“Die uitbeelding van die uitspraak as ‘ongrondwetlik’ en die versoek dat die uitspraak ‘hersien’ moet word, is nie net ’n aanval op die regbank nie, maar ook ’n ernstige uitdaging van die oppergesag van die reg binne ons grondwetlike demokrasie.”
Só het die Vereniging van Advokate van Namibië gister in ’n mediaverklaring gesê in verband met die hooggeregshofuitspraak van 16 Mei waarin die hof ten gunste van twee selfdegeslag-egpare beslis en bevind het dat indien ’n huwelik ingevolge die statutêre vereistes vir ’n geldige huwelik in ’n buitelandse jurisdiksie voltrek is, dit ook in Namibië erken moet word.
Die verklaring wys op die openbare debat wat deur die uitspraak veroorsaak is.
“Terwyl die debat aanvanklik respek gehad het vir die onafhanklikheid van die regbank, het die vereniging met kommer opgemerk dat die kritiek teen die regbank die afgelope weke ’n onvanpaste toon aangeneem het,” lui die verklaring.
REGTE ‘AANGEVAL EN BEDREIG’
Die verklaring verwys na ’n sekere Pendapala Nakathingo en Paulus Nuuyoma wat onlangs in ’n skriftelike voorlegging aan die hooggeregshof die hof daarvan beskuldig het dat hul fundamentele en grondwetlike regte, kulturele regte en vryhede insluitend familie- en kinderregte “aangeval en bedreig” is.
Hulle het geëis dat die hooggeregshof die uitspraak binne 21 werksdae hersien en omkeer, anders sal hulle ’n referendum eis. Nakathingo en Nuuyoma het verder gesê dat Namibiërs ’n “vreedsame nasie is, maar as hulle uitgelok word, weet hulle hoe om vir hul regte te baklei”.
“Dit kom neer op ’n ontoelaatbare en onregverdigbare aanval op die onafhanklikheid van die regbank en is ’n poging om die regbank te intimideer en sy integriteit te ondermyn,” meen die vereniging in sy verklaring.
Verskeie groepe in Namibië het ook ’n beroep gedoen op die parlement om die land se wette te wysig en sodoende die uitspraak te verwerp. Die verklaring verwys na Swapo wat die media ingelig het van sy voorneme om die regering opdrag te gee om wetgewende stappe te neem om die immigrasiewet te wysig om ’n definisie van “eggenoot” in te sluit en dat dit in ooreenstemming moet wees met Namibiese wetgewing oor huwelike en families. Die kwessie word ook tans in die Nasionale Vergadering gedebatteer, waartydens die uitspraak as “ongrondwetlik” bestempel is.
BEROEP OP DIE PUBLIEK
“Die vereniging is ernstig bekommerd oor die voorgenoemde en doen ’n beroep op die publiek en alle leiers om noukeurig oor hul gedrag te besin en bewus te bly van die volgende: die regbank speel ’n deurslaggewende rol in die handhawing van die fundamentele regte en vryhede.”
“Die regbank moet gerespekteer en nie ondermyn word nie.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie