Regbank skud sy vere reg vir die nuwe jaar
’n Somber atmosfeer het Woensdag by die amptelike opening van die regsjaar geheers.
Hoofregter Peter Shivute het die geleentheid, wat by die hooggeregshof plaasgevind het, geopen deur die ontslape president Hage Geingob se nagedagtenis te eer, asook sy toewyding aan die regbank.
Dit was een van president Nangolo Mbumba se eerste amptelike verskynings sedert hy Sondag as Namibië se vierde staatshoof ingesweer is. Adjunkhoofregter Petrus Damaseb het met lof gepraat oor die vreedsame wyse waarop Mbumba wyle Geingob se rol aangeneem het.
Mbumba het op sy beurt die belangrikheid van ’n regbank wat vry is om onafhanklik van die staat op te tree, beklemtoon.
Statistieke met betrekking tot hofsake is tydens die opening gedeel.
Shivute het gesê 73% van siviele sake in 2022 in die hoërhof is afgehandel en 64% in 2023.
In die hoogeregshof is in 2023 uitsprake gelewer in 87 van die 98 sake wat aanhangig gemaak is – ofte wel 93,5%. Hy het opgemerk dat die regbank 59% meer appèlaansoeke aangeteken het.
Die hoërhof het ’n 5%-toename in sy afsluitingsyfer in 2023 aangeteken ten spyte van die feit dat die hof 4 682 meer aansoeke moes aanhoor.
Die regbank het glo verlede jaar sowat N$23,7 miljoen in bedryfskoste bespaar en Shivute het die besparing toegeskryf aan die gebruik van bemiddelingshowe.
“Ons het aansienlike vordering gesien, insluitend verbeterings in die diversiteit van die bank,” het Shivute gesê, waarna hy die aanstelling van die eerste drie vroueregters in die hoogeregshof, regters Hannelie Prinsloo, Esi Schimming-Chase en Rita Makarau, uitgewys het.
“Hierdie geskiedkundige ontwikkeling demonstreer nie net ons toewyding om meer vroueverteenwoordiging na die hooggeregshof te bring nie, maar verryk ook die omvang en diepte van insig van ons regstelsel se topstruktuur,” het hy gesê.
Wysigings aan die Wet op Landdroshowe in 2023 het ook volgens Shivute die magte van landdroshowe uitgebrei en veiligheidsmaatreëls in plek gesit met betrekking tot die verkoop van vaste eiendom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie