Regering beboet vir onwettige arrestasie
Skend man se vryheid, waardigheid
Die hof het beslis dat 'n sakeman van Grootfontein onregmatig in hegtenis geneem en aangehou is.
’n Sakeman van Grootfontein het onlangs ’n saak teen die polisie gewen wat die regering ongeveer N$140 000 uit die sak gaan jaag.
Tuhafeni Simon het beweer hy is in Augustus 2021 onwettig in hegtenis geneem en aangehou. Hy het gevolglik ’n saak in die hoërhof in Windhoek teen die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit aanhangig gemaak.
Regter Shafimana Ueitele het in sy uitspraak wat verlede week gelewer is, gesê dat Simon se inhegtenisname uitgevoer is met die doel om hom te teister en dat polisiebeamptes nie voldoende ondersoek ingestel het oor die misdrywe wat hy na bewering gepleeg het nie.
Ueitele het beslis dat Simon se arrestasie inbraak gemaak het op sy reg op vryheid en waardigheid.
Altesaam N$80 000 is aan Simon toegeken vir onregmatige aanhouding, N$50 000 vir regkoste en sowat N$12 000 vir mediese uitgawes.
INHEGTENISNAME
Simon beweer hy is twee keer onregmatig in hegtenis geneem.
Die eerste keer was op 13 Augustus 2021 by sy huis op Grootfontein. Hy was ten tyde van sy arrestasie glo nie oor die klagte teen hom ingelig nie en ook nie van sy regte nie.
Hy het glo eers tydens sy hofverskyning uitgevind hy word aangekla van die rig van ’n vuurwapen en diefstal, aangesien hy glo ’n panga gesteel het.
In Simon se eisbesonderhede beweer hy hy is in ’n vuil en beknopte sel aangehou en mediese sorg geweier, tot hy op 18 Augustus borgtog toegestaan is. Die saak is later teruggetrek weens ’n gebrek aan bewysstukke.
Die tweede inhegtenisname het op 30 Augustus plaasgevind nadat Simon by die polisiekantoor aangemeld het. Die rede vir dié inhegtenisname was omdat hy na bewering buitelandse burgers sonder werkspermitte in diens geneem het. Hy is dieselfde dag vrygelaat en die klagte teen hom is in Junie 2022 laat vaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie