Regering dok op ná motorongeluk
Man het glo roekeloos bestuur
Die regering het ingestem om altesaam N$31 325 aan 'n vrou te betaal nadat 'n persoon in 'n staatsvoertuig glo haar kar gestamp het.
Die regering het ingestem om N$25 000 aan ’n vrou te betaal as deel van ’n skikkingsooreenkoms. Dit nadat sy ’n saak aanhangig gemaak het omdat ’n drywer in ’n regeringsvoertuig glo roekeloos bestuur het en haar voertuig gestamp het.
Die regering stel in die ooreenkoms dat hy geen aanspreeklikheid vir die ongeluk aanvaar nie, maar wel N$25 000 aan Margaretha Maria van Zyl sal betaal asook 50% van haar regskostes, wat sowat N$6 325 beloop.
In Van Zyl se aanvanklike verklaring wat in Maart vanjaar by die hoërhof in Windhoek ingedien is, beweer sy die drywer in die staatsvoertuig het van bane verander sonder om aanduiding te gee of te kyk of dit veilig is.
Sy beweer die voertuig het hare gestamp as gevolg van die man se nalatigheid en het N$36 635 geëis vir die skade aan haar voertuig. Die ongeluk het in Robert Mugabe-rylaan in Windhoek plaasgevind.
Hoewel die regering in Junie die hof in kennis gestel het van hulle voorneme om die saak teen te staan, is geen verklaring namens die regering ingedien nie en is geen verduideliking vir die gebeure verskaf nie.
Partye het in Oktober die skikkingsooreenkoms onderteken en dit is op 8 September ’n hofbevel gemaak.
Die saak is deur regter Nate Ndauendapo aangehoor. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie