Dimbulukeni Nauyoma Foto argief
Dimbulukeni Nauyoma Foto argief

Regering veg vir plakkersproklamasie

Beslissing eers volgende jaar Februarie
'n Volbank van die hoërhof sal volgende jaar beslis of die huidige apartheidsproklamasie ongrondwetlik is.
Augetto Graig
’n Volbank regters van die hoërhof in Windhoek het verlede Maandag ’n aansoek van die menseregte-aktivis Dimbulukeni Nauyoma aangehoor om die Plakkersproklamasie no. 21 van 1985 as ongrondwetlik te laat verklaar.

Nauyoma het sy aansoek teen die prokureur-generaal en die Namibiese regering gebring.

Hy is in 2019 in hegtenis geneem nadat hy beamptes probeer keer het om ’n enkelma van twee se huis in Okuryangava te sloop.

Die uitsetting was ingevolge dié verouderde regulasie uitgevoer.

Nauyoma se prokureur Kadhila Amoomo voer namens hom aan dat die apartheidsregering die proklamasie uitgevaardig het om toegang tot grond en behuising in stedelike gebiede vir nie-blanke burgers te kniehalter.

Hy sê die proklamasie is nie ingevolge artikels 8, 10, 15 en 16 van die Grondwet nie. Die proklamasie het ook voorheen uitsettings sonder ’n hofbevel toegelaat.

Die hooggeregshof het afdeling 4(1) en 4(3) van die proklamasie in 2013 nietig verklaar, om die verkryging van ’n hofbevel af te dwing, volgens Amoomo.

“Ons dring aan dat grond en behuising basiese menslike behoeftes is. Die oprigting van strukture en besetting van grond vir doeleindes van behuising as ’n basiese behoefte, moet nie gekriminaliseer word soos dit tans deur die plakkersproklamasie gedoen word nie,” sê Amoomo.

Namens die staat sê advokaat Dennis Khama egter dat die aanklaer-generaal en nie die prokureur-generaal as party tot die saak gebring moes word. Hy sê ook die Namibiese polisie moes eerder betrek word.

Verder sê Khama dat die wetgewers, eerder as die howe, wetgewing moet hersien en wysig.

Volgens Khama is die feit dat die proklamasie in die apartheidsera uitgevaardig is, nie ’n rede om dit as ongrondwetlik te verklaar nie, en dat die proklamasie nou binne die raamwerk van die Grondwet toegepas word.

Verder bevraagteken Khama dat deur die toepassing van die proklamasie daar teen Nauyoma gediskrimineer is, en dat die terugwerkende nietig verklaring van die proklomasie ernstige wetlike nagevolge sal hê.

Regters Boas Usiku, George Coleman en Collins Parker sal op 15 Februarie 2023 uitspraak lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!