Regshulp oorkom klein begroting
Moet sente omdraai
Ten spyte van begrotingsuitdagings, vier die regshulpdirektoraat van die ministerie van justisie steeds sy oorwinnings.
Hoewel die regshulpstelsel in Namibië volgens die direkteur van die regshulpsentrum (LAC), Toni Hancox, sy sente sorgvuldig moet omdraai, sê die uitvoerende direkteur van die ministerie van justisie, Gladice Pickering, dié ministerie se direktoraat vir regshulp hoop om meer Namibiërs in hul uur van nood te kan bystaan.
“Ons wil graag die drempel vir regshulp lig. . . selfs die middelklas kan nie prokureurs bekostig nie,” sê Pickering oor die huidige vereiste dat ’n persoon minder as N$3 500 per maand moet verdien om vir regshulp te kwalifiseer. Dit volgens die regering se kennisgewing 374 van 2018 wat in die Staatskoerant gepubliseer is.
Pickering sê die implementering van ’n digitale stelsel het die direktoraat gehelp om aansoeke om regshulp meer doeltreffend te bestuur. Diegene wat nie toegang tot die internet het nie, kan steeds by enige landdroshof aansoek doen om regshulp.
Die ministerie maak volgens Pickering vordering aangesien regshulp nou ook ingespan kan word vir sake wat verband hou met geslagsgebaseerde geweld, egskeidings en aansoeke vir die onderhoud van kinders.
“Dit gebeur gereeld dat iemand sê hulle kan nie onderhoud betaal nie, maar hulle daag met ’n grootmeneer-prokureur by die hof op,” sê Pickering.
Sy sê ook 7 000 aansoeke uit ongeveer 9 000 aan die direktoraat vir regshulp is goedgekeur – dit glo ten spyte van verskeie klagte wat nie meriete dra nie.
“Mense wil nie aanvaar wanneer hulle saak nie vir regshulp goedgekeur word nie. Ons moet talle kere sover gaan om nog ’n regsopinie buite die ministerie in te win om aan die individu te wys dat hulle saak nie afgekeur is omdat die ministerie iets teen hulle het nie,” sê sy.
Hancox sê die direktoraat vir regshulp se begrotingsuitdagings het ’n wyer impak op toegang tot geregtigheid vir Jan Alleman.
“By die LAC fokus ons nou meer op litigasie wat in openbare belang is. . . ons is soos ’n druppel in die emmer,” sê sy.
Sy meen egter dat geregtigheid nie net in howe geskied nie.
“Toegang tot geregtigheid is nie dieselfde as om hof toe te gaan nie, mense moet eers bemagtig word. . . hulle moet eers ophou om hulself te bekommer oor hoe hulle kos op die tafel gaan sit,” sê sy.
Hancox sê daar is wel merkbare verbetering in die uitslae van Namibiese howe met die nouer samewerking van laer howe, soos landdroshowe, howe vir klein eise en bemiddelingshulpbronne.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie