Regshulpprokureur vat ministerie hof toe
Besluit glo teenstrydig met Grondwet
Die prokureur wat beweerde rassistiese opmerkings in die sosiale media geplaas het, sleep die ministerie van justisie en die direktoraat van regshulp hof toe.
Die regshulpprokureur wat in April tydelik geskors is nadat sy glo ’n rassistiese opmerking op haar X-profiel, voorheen Twitter, gedeel het, het Maandag in die hof verskyn vir die saak wat sy teen die ministerie van justisie aanhangig gemaak het.
Eva Maria Dorkas Pandulo Phillemon het onder Eva Nangolo (@ngononakalono) ’n opmerking geplaas wat op die gedrag van Damara-mense in Namibië gemik was en is daarna tydelik as ’n regshulpverteenwoordiger geskors.
“Die besluit om uitlatings teen ’n kultuurgroep te maak wat onmin en onenigheid op ’n openbare platform veroorsaak en daarby te staan en dit nie te verwyder nie – ten spyte van die onmin wat dit veroorsaak het – regverdig die ministerie se besluit dat dit billik en redelik onder die omstandighede opgetree het,” het die minister in sy slotbetoë aangevoer.
Phillemon beweer die ministerie se besluit is gebaseer op openbare druk en die oorweging van irrelevante faktore. Sy beweer die besluit het verreikende en ernstige gevolge vir haar regte, reputasie en loopbaan gehad.
Sy voer aan die ministerie se besluit is teenstrydig met Artikel 18 van die Grondwet wat regverdige en redelike administratiewe prosesse vereis.
“Die applikant [Phillemon] het die kar voor die perde gespan. Die besluit was tydelik van aard en was hangende ’n ondersoek en dissiplinêre verhoor. Haar betwisting is dus erg voortydig,” het die respondente aangevoer.
Die ministerie sê Phillemon het die boodskap op 2 April geplaas en dit het openbare belangstelling gewek en openbare oproer veroorsaak. Verskeie klagtes is daarna glo by die kantoor van die direktoraat vir regshulp ingedien. Volgens die ministerie het hulle en ander wetlike belanghebbendes, ook die twiet veroordeel.
“Sy het tot op hede nie haar twiet verwyder nie en is dit steeds in die publieke domein.”
VOORGEDOEN
Die ministerie beweer in sy betoë dat Phillemon sedert 2021 nie meer werksaam in die staatsdiens is nie.
“Sy het vanaf 3 September 2021 haarself as ’n regshulpprokureur voorgedoen en beskuldigdes onwettig voor die hof verteenwoordig.”
Die ministerie voer aan as Phillemon se aanstellingsbrief van 31 Augustus 2020 noukeurig deurgelees word, is dit duidelik dat haar aanstelling glo reeds op 2 September 2021 verval het.
Die ministerie beweer verder dat sy ook vir meer as 46 dae afwesig was en nie haar pligte in daardie tydperk nagekom het nie.
Phillemon sê wel dat sy siekverlof gevat het, hoewel die ministerie beweer die siekverlof is nooit goedgekeur nie.
“Sy is in April 2023 aangesê om by die uitvoerende direkteur van die ministerie van justisie aan te meld en sy het dit nooit gedoen nie,” beweer die ministerie.
Partye het Maandag voor regter Orben Sibeya in die hoërhof in Windhoek verskyn.
Phillemon was die destydse regsverteenwoordiger van die vermeende pedofiel, Johann Maree – wat na bewering talle jong seuns in Windhoek verkrag het – tydens sy formele aansoek om borgtog in 2020 in die landdroshof in Windhoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie