Regshulpsentrum in diep water
Iréne-Mari van der Walt
Die Regshulpsentrum van Namibië (LAC) het in Julie vanjaar aangekondig dat die organisasie geen nuwe aansoeke om regsverteenwoordiging sal aanvaar nie.
Die organisasie is in diep water weens die Wêreldbank se gradering van Namibië, sê die LAC se direkteur, me. Toni Hancox.
Die Wêreldbank het nie Namibië se ekonomiese status in ’n laer middelinkomste-ekonomie herklassifiseer nie, nadat hy onlangs sy landklassifikasie volgens die inkomstevlak vir 2022-’23 opgedateer het.
Hoewel die Wêreldbank Namibië in 2009 as ’n hoër middelinkomsteland herklassifiseer het, met inkomste per capita wat ’n hoogtepunt van US$6 370 in 2015 bereik het, het die land oor die jare gevra vir ’n herklassifikasie te midde van kommer dat die huidige klassifikasie onakkuraat is.
President Hage Geingob het deurgaans gewaarsku dat die huidige klassifikasie ernstige gevolge op Namibië se toegang tot bekostigbare skuldfinansiering en -toekennings het, wat sy vermoë om armoede en ongelykheid te takel, beïnvloed.
TREF DIE MINDER GEGOEDES
“Die LAC is afhanklik van buitelandse finansiële skenkings. Eerstens ontvang die LAC nie meer skenkings nie weens Namibië se status by die Wêreldbank, al beleef Namibië van die ergste ongelykhede. Skenkers staar ook uitdagings in die gesig. Een skenker het hul finansiering onttrek om dit eerder in die vlugtelingkrisis in die Oekraïne te belê, wat natuurlik prysenswaardig is,” sê Hancox.
Die LAC het egter nie heeltemal onttrek nie – diegene wat dringend regsadvies benodig, kan van die LAC se hulplyn gebruik maak.
“Die hulplyn bied regsadvies oor sekere kwessie en verwys kliënte na relevante diensverskaffers waar moontlik,” verduidelik Hancox.
Sy sê: “Hierdie beteken dat behoeftige mense nie regshulp sal ontvang nie. Die LAC het nie genoeg fondse om almal by te staan wat dit nodig het nie. Ons gee soveel behulpsame inligting deur aan die publiek as moontlik.”
Hancox sê die LAC probeer tans nuwe inkomstebronne vind.
“Ons reik nou uit na Namibiese besighede om ons by hul portefeulje vir korporatiewe sosiale verantwoordelikheidportefeuljes (KSR) in te sluit.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie