Regspraktisyn is oneerbaar, sê hof
“Ricardo Mukonda het oneerbaar en onprofessioneel opgetree. Die hof is van die mening dat lede van die publiek se geld nie aan hom toevertrou kan word nie.’
So het regter Shafimana Ueitele Dinsdag in sy uitspraak gesê toe hy die direkteur van die Regsvereniging van Namibië (LSN) as kurator van dié regspraktisyn en sy firma, Mukonda & Company Inc., se rekeninge en kliëntelêers aangestel het.
“Enige ander bevel sal die verkeerde boodskap aan die publiek oordra; dat howe oortredings van so ’n ernstige aard toelaat,” lui die uitspraak.
Die uitspraak volg nadat die LSN op 28 Julie 2022 ’n dringende aansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien het vir Mukonda se tydelike skorsing hangende die uitkoms van ’n klag van wangedrag wat by die dissiplinêre komitee teen hom aanhangig gemaak is.
Een van Mukonda se kliënte aan wie hy N$650 000 moes oorbetaal, het die klag aanhangig gemaak ná ’n aansoek om ’n verstekvonnis geslaag het. Hy het glo versuim om die geld in sy kliënt se rekening te betaal.
In dieselfde dringende aansoek het die LSN versoek dat die hof sy direkteur as die kurator van Mukonda en sy firma se trust- en besigheidsrekeninge, asook kliëntelêers aanstel.
Mukonda het aanvanklik nie die aansoek teëgestaan nie en die hof het op 28 Julie die aansoek toegestaan.
Hy is ingevolge ’n hofbevel tydelik tot 5 September 2022 geskors en die LSN se direkteur is as kurator aangestel.
Op 5 September is die skorsing en aanwysing van kuratorskap tot 7 Oktober verleng. Op 7 Oktober het die LSN weer eens aansoek om verlenging gedoen, maar die keer het Mukonda die aansoek teëgestaan.
Hy het onder andere beweer dat die LSN nie hofreëls nagekom het nie en nie die beskikbare interne prosesse uitgeput het voordat dit die huidige aansoek gebring het nie.
“Die LSN verwys in sy beëdigde verklaring na ’n brief gedateer 10 Mei 2022, waarin hy Mukonda in kennis gestel het van die klagte teen hom en hom genooi het om sy weergawe te verskaf. Mukonda het nie net dié brief geïgnoreer nie, maar ook daaropvolgende briewe wat aan hom gerig is. Hy het ook geen beëdigde verklaring ingedien om die bewerings teen hom te weerspreek toe hierdie aansoek gebring is nie,” het Ueitele in sy uitspraak uitgewys.
Hy het ook in sy uitspraak daarop gewys dat Mukonda glo ’n onhoudbare houding teenoor die regsberoep se regulatoriese raamwerk getoon het.
“In plaas daarvan om die gemeenskap se onvoorwaardelike vertroue in regspleging te inspireer en te behou, vernietig sy optrede die publiek se vertroue in die instelling van geregtigheid in hierdie land. Sy optrede is teenstrydig met dié van ’n regspraktisyn s’n.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie