Regstelling
Op Vrydag 27 Mei 2022 het Republikein verkeerdelik berig dat die hoërhof ‘n summiere vonnis teen die bekende eiendomsontwikkelaar, mnr. Archie Graham, toegestaan het.
Dit was ‘n voorlopige verstekvonnis.
Soos die berig later duidelik gestel het, was dié tegniese vonnis ten gunste van die Howard-familietrust teen ondernemings in die Sur La Plage Estates-groep en nié teen mnr. Graham in persoonlike hoedanigheid nie.
Die name van betrokke individue is bloot in die opskrif en inleidende paragrawe genoem om lesers in te lig wie by die saak betrokke is; sonder enige kwaadwillige of lasterlike bedoelings.
Die berig is in sy huidige vorm van ons webwerf verwyder en Republikein vra mnr. Graham om verskoning vir enige aanstoot of ongerief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie