Regstryd oor minderjarige gevangenes misluk
Hofbeslissing bring duister vooruitsigte
Die klag wat deur die voormalige ombudsman van Namibië teen die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn ingedienis, is van die hofrol geskrap.
Die hoërhof het Donderdag sy besluit bekend gemaak om die saak rakende die aanhouding van verhoorafwagtende kinders in Namibië van die rol te skrap nadat die betrokke partye versuim het om die vorige dag voor die hof te verskyn.
Die hof het ook gelas dat geen soortgelyke klag weer by die hof ingedien mag word nie.
Die betrokke partye is op 13 September deur die hof beveel om op hierdie dag voldoende rede te gee vir die feit dat daar vir ses maande lank geen vordering in die saak gemaak is nie.
Minister Doreen Sioka van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn is in Maart vanjaar vrygeskeld op klagte van minagting van die hof, toe sy na bewering nie gehoor gegee het aan die hof se bevel om ’n plan van aksie in te dien rakende die wettige aanhouding van verhoorafwagtende kinders.
Sioka het wel ’n plan ingedien waarin sy verduidelik het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se departement vir korrektiewe dienste is beter toegerus om sulke sentrums op te rig en in stand te hou.
Sy het ook in haar plan aan die hoërhof uitgestippel hoe ’n plaas in die Omahekestreek, Farm Kaukurus, opgegradeer en daarna in gebruik geneem kan word om “kinders wat op die straat woon en ander kwesbare kinders” te help.
Sy het daarin ook verduidelik dat haar ministerie steeds alternatiewe strawwe en rehabilitasieprosesse op Farm Kaukurus sal aanbied.
Die voormalige ombudsman van Namibië, adv. John Walters, wie se kantoor destyds die saak teen die ministerie gedryf het, sê hy aanskou die verwikkelinge in hierdie saak met ’n seer hart.
“Al wat ek kan sê, is ek is jammer dat die kinders nou daaronder moet ly. Nou het ons regsveld ook daardie kinders gefaal, nie net die ministerie nie,” het hy aan Republikein gesê.
Walters glo minister Sioka moet steeds aanspreeklik gehou word vir verhoorafwagtende minderjariges wat in polisieselle saam met volwassenes aangehou word.
“Ek glo vir solank as sy nog nie hierdie sentrums gestig het nie, minag sy die wet,” het hy gesê.
Volgens hom rus die verantwoordelikheid nou steeds gesamentlik op die ministeries van justisie en maatskaplike welsyn se skouers om te verseker dat hierdie kwessie reggestel word.
“Ek wil graag ’n beroep doen op ons regstelsel en op die ministerie om te sorg dat dit steeds gebeur,” het hy gesê.
Die betrokke ministerie het teen druktyd nie antwoorde op Republikein se vrae gebied nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie