Die hoof van die Windhoekse stadspolisie vir die afgelope 22 jaar, superintendent Abraham Kanime, het amptelik in Januarie vanjaar afgetree. Foto Augetto Graig
Die hoof van die Windhoekse stadspolisie vir die afgelope 22 jaar, superintendent Abraham Kanime, het amptelik in Januarie vanjaar afgetree. Foto Augetto Graig

Regter beslis in Kanime se guns

Iréne-Mari van der Walt
’n Regstryd waarin die voormalige hoof van die Windhoekse stadspolisie, Abraham Kanime, se aanstelling uitgedaag is, het verlede week – ná sy aftrede vroeër vanjaar – tot ’n einde geloop.

“Verligting is ter sprake (moot),” het regter Hannelie Prinsloo in haar uitspraak gesê.

Prinsloo het in Kanime se guns beslis, maar het gesê die uitspraak is weens sy aftrede hoofsaaklik vir akademiese redes.

Die geskil spruit uit Kanime se heraanstelling as die hoof van die Windhoekse stadspolisie in 2020 vir ’n tydperk van drie jaar, nadat hy in Januarie daardie jaar amptelik uit die pos bedank het.

’n Oorspronklike aansoek deur Kanime, het gevolg op die voormalige inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Sebastian Ndeitunga, en die waarnemende uitvoerende hoof van die Windhoekse munisipaliteit, George Mayumbelo, se besluit om kandidate deur sosialemediaplatforms te nooi om aansoek vir sy pos te doen, terwyl Kanime steeds in sy pos aangestel was.

Die munisipaliteit het onder meer geëis dat Kanime die vergoeding wat hy oor dié drie jaar ontvang het, moes terugbetaal.

“Aan die een kant is daar van Kanime verwag om sy werk te doen, tot so ’n mate dat hy nie die verrigtinge van 27 Januarie 2023 kon bywoon nie aangesien hy aan diens was.

“Terwyl aan die ander kant, die respondente hulself deurlopend beywer het om hom uit sy pos te verwyder en om die spreekwoordelike kersie op die koek te plaas, die salaris wat hy gedurende die aanstellingsperiode verdien het, terug te eis,” het Prinsloo gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!