Regter beslis sommige bewyse nie toelaatbaar
Heckmair-moordverhoor
Die hof het Donderdag beslis bewysstukke wat tydens twee van die drie soektogte wat sonder lasbriewe uitgevoer is, sal in die verhoor toegelaat word.
Die uitspraak wat Donderdag in die hoërhof in Windhoek gelewer is rakende die binneverhoor in die Heckmair-moordverhoor het beslis sommige van die bewysstukke wat die polisie tydens drie soektogte op beslag gelê is, nie toelaatbaar sal wees tydens die hoofverhoor nie.
Polisiebeamptes het op 7, 8 en 9 Januarie 2011 sonder ’n visenteringslasbrief die twee Amerikaanse moordbeskuldigdes, mnre. Kevan Townsend en Marcus Thomas, se kamer in ’n gastehuis in Windhoek-Wes deursoek.
Regter Christie Liebenberg het beslis die bewysstukke wat op 7 en 9 Januarie gevind is, sal toegelaat word maar nie dié van 8 Januarie nie.
“Ek is tevrede die toelaatbaarheid van die bewysstukke wat tydens die soektog van die gastehuis op 7 en 9 Januarie ingevorder is, nie die verhoor van die beskuldigdes onbillik sal maak nie, en na my mening sal dit ook nie nadelig vir regspleging wees nie,” het Liebenberg gesê.
Die twee beskuldigdes is op 7 Januarie – dieselfde dag as die moord op mnr. André Heckmair – by die gastehuis in hegtenis geneem.
Nadat die polisie die moordtoneel ondersoek het, het hulle Heckmair se selfoonrekords by MTC aangevra. Die polisie het daarna die selfoonrekords van die telefoonnommer waarmee Heckmair laaste in kontak was, ook aangevra.
Die selfoonrekords het hulle later uitgevind was dié van Thomas.
Op sy selfoonrekords het die polisie ’n nommer gevind met wie hy gereeld in kontak was en dit het die polisie gelei tot die man wat na bewering ’n motor aan Thomas verhuur het.
Hy het ’n kopie van Thomas se bestuurslisensie aan die polisie gegee en gesê Thomas en ’n mede-Amerikaner gaan by ’n spesifieke gastehuis in Windhoek tuis.
Die polisiebeamptes het na bewering na die gastehuis gegaan om die twee mans te ondervra, maar toe die eerste beskuldigde hom verset het, het die beamptes glo van plan verander.
Hulle het die kamer deursoek en dagga gevind. Die twee mans is aanvanklik vir die besit van dwelms gearresteer, hoewel hulle verdagtes in die moord was.
Twee polisiebamptes wat tydens die binneverhoor getuig het, het beweer 'n vertraging in die verkryging van 'n visenteringslasbrief sou die doel van die soektog belemmer. Die beamptes het verder getuig hulle het genoegsame rede gehad om seker te wees ’n landdros sou ’n lasbrief toestaan indien hulle een sou aanvra.
Volgens hulle was dit ’n saak van dringendheid en omdat dit nauurs was, sou ’n lasbrief te lank geneem het.
Polisiebeamptes het op 8 Januarie weer die kamer deursoek. Liebenberg het bevind dié soektog was onwettig en die bewysstukke is gevolglik nie in die hof toelaatbaar nie.
Volgens Liebenberg het die twee polisiebeamptes se getuienisse oor dié dag se gebeure nie ooreengestem nie. Een van beamptes het getuig die ander het opdrag aan hom gegee om die kamer te deursoek en die ander het ontken ’n soektog het ooit op die betrokke dag plaasgevind.
GASTEHUIS
Die gastehuis het die polisie versoek om die kamer op 9 Januarie te ontruim sodat hulle die kamer kan gebruik.
Polisiebeamptes het die persoonlike besittings van die beskuldigdes uit die kamer verwyder. Een van die beamptes het geweerlope gevind en dit het aanleiding tot die derde soektog gegee.
Die polisiebamptes het beweer hulle kon nie vir ’n lasbrief wag nie, omdat hulle nie langer die besittings in die kamer kon los nie. Hulle het geen beheer gehad oor wie die kamer binnegaan nie en was bang belangrike bewysstukke sou verlore gaan indien hulle dit in die kamer sou los terwyl hulle vir ’n lasbrief wag.
Heckmair is op 7 Januarie met een koeël in sy kop doodgeskiet terwyl hy in sy motor gesit het. Hy het volgens familielede ’n middagete-afspraak met twee Amerikaners gehad waarheen hy op pad was.
Heckmair het minute voor die afspraak, wat glo by Stellenbosch Restaurant in Klein Windhoek moes plaasvind, vanaf Maerua-inkoopsentrum, waar sy ouers die destydse Cattle Barren besit het, gery. Sy motor is in Gusindestraat in Eros gevind. Dit is steeds nie duidelik waarom sy motor in dié omgewing, sowat 2,5 km noord van die restaurant, gevind is nie.
Sy selfoon was nie by hom in die motor toe polisie die moordtoneel ondersoek het nie en die moordwapen is nooit gevind nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie